La Motte is een van die oudste historiese wynplase in die Franschhoekvallei en spog met vier historiese geboue wat provinsiale monumentstatus het. Hierdie geboue is pragvoorbeelde van die Kaaps-Hollandse argitektuur en bied ook ‘n tuiste vir ‘n versameling van ou Kaapse meubels.
As deel van La Motte se verbintenis tot die bewaring van kultuur-historiese erfenis, bied ons ‘n praatjie aan oor ou Kaapse meubels wat aangebied word deur die gerespekteerde kenner op die gebied van Suid Afrikaanse kultuurgeskiedenis, Prof Matilda Burden.
Prof Burden se lesing sal ‘n inleiding gee oor die vyf style binne die bestek van Ou Kaapse meubels met verwysing na die substyle asook ‘n bespreking oor die dekoratiewe motiewe en tegnieke. Daar is ook heelwat foto’s ingesluit.
Besonderhede :
Waar : La Motte Museum, La Motte Wynlandgoed, R45 Franschhoek Vallei
Wanneer: Donderdag 12 September 2013
Tyd: 19h00 (kom geniet ‘n glasie wyn vanaf 18h30)
Koste : R50-00
Aandete Opsie : Vir gaste wat die praatjie bywoon word daar ‘n spesiale Kaapse Wynland spyskaart voorberei. Koste is R170-00 p.p. wat ‘n glas wyn insluit en gratis toegang tot die praatjie.
As u bespreking maak, meld asseblief of u die aandete opsie sal geniet. Besprekings (is noodsaaklik) en vir meer inligting kontak:
Ingrid Maritz by 012 876-8850 of e-pos by museum@la-motte.co.za