
Foto: Brenton Geach
Breyten Breytenbach se dood aan die einde van verlede jaar het gelei tot talryke huldeblyke in dagblaaie en op aanlyn-platforms. Suid-Afrikaners erf omvangryk van hierdie digter. Louise Viljoen verwoord die “enorme verlies vir die kulturele lewe van die Afrikaanse, Suid-Afrikaanse en selfs groter wêreldgemeenskap” op Litnet saam met verskeie ander akademici en letterkundiges.
Een van hierdie kundiges is Luan Staphorst wat skryf hoe hy na die nuus van Breytenbach se “anderkantoorsteking” die digter se letterlike spoor in die Bodleian biblioteek van Oxford-Universiteit gevolg het. Hierdie artikel het ‘n buitengewone versamel foto’s, geneem deur Staphorst self, van blaaie uit bundels, klasnotas, politieke korrespondensie en boodskappe voor in boeke.
Dit is ‘n sonderlinge blik op ‘n digter se erfenis en geskiedenis. Staphorst haal byvoorbeeld vir Breytenbach aan wat voor in ‘n eksemplaar van The True Confessions of an Albino Terrorist vir die letterkundige, Richard Rive, skryf:

Foto: Luan Staphorst
For Richard
whom I’ve known
for 200 years –
and still enjoy knowing,
and meeting.
Till next time!
Breyten
Yolande