Heritage Forum

What can be seen as heritage? : Hoe word erfenis gedefinieer?

Mar 6, 2025 | Forum, News

Afrikaans:

Die Oxford Reference woordeboek omskryf erfenis as volg: Die nalatenskap van mense, kulture en omgewings. Vanuit ‘n wye perspektief sluit erfenis natuurlike en beboude landskappe, fisiese artifakte, kulturele uitbeeldings (bv. musiek, literatuur, visuele kuns, volksverhale, monumente), ontasbare kultuur (waardes en tradisies, gebruike en praktyke, spirituele sienswyses, taal), en biologiese eienskappe in. Erfenis is belangrik vir gemeenskappe, want dit verbind mense met die verlede en bevestig kulturele identiteit.

Die Stellenbosch Erfenis Stigting aanvaar die definisie waarvolgens erfenis beide mensgemaak of biologies, asook tasbaar of ontasbaar is. Oxford se definisie dui ook op die langdurige impak van erfenis op menswees oor geslagte heen en dit is waarom die Stellenbosch Erfenis Stigting betrokke raak by die erfenis wat gemeenskappe nou aan die ontwikkel is en dus vir toekomstige generasies sal nalaat.

Met die doel om ‘n vloeibare benadering tot erfenis te akkommodeer, maar terselfdetyd ook ‘n afgewaterde benadering te vermy, volg verdere definisies van konsepte wat binne die sfeer van erfenis val en deur Stellenbosch Erfenis Stigting aanvaar word. Hierdie definisies steun op die Hersiene Witskrif vir Kuns, Kultuur en Erfenis, die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie se beleid oor erfenis en die Burra Handves van Australië wat opgedateerde definisies en teorieë oor die bestuur van erfenis bevat:

Die konsepte kulturele belang (cultural significance), erfenis-belang (heritage significance) en kulturele erfenis waarde (cultural heritage value) is sinoniem.

Soos nuwe inligting met verloop van tyd beskikbaar word, kan erfenis-belang verander. Daarom kan die vermoë om erfenis-belang te verstaan met verloop van tyd verander. Die erfenis-belang van byvoorbeeld ‘n plek of voorwerp kan ‘n reeks waardes vir verskeie individue en groepe hê.

Die erfenis bewarings-proses verwys na al die stappe wat geneem word om na ‘n plek om te sien sodat dit erfenis-belang behou. Erfenis-belang verwys na estetiese, wetenskaplike, sosiale of spirituele belang vir die verlede, huidige of toekomstige generasies. Die fisiese area/plek, gebruik, assosiasies, betekenis, opnames, verwante plekke en verwante voorwerpe kan die erfenis-belang van ‘n plek verteenwoordig.

Plek as konsep het binne die konteks van erfenisverwante tekste ‘n algemene betekenis en kan verwys na ‘n area van herdenking, bome, tuine, parke, areas waar historiese gebeure plaasgevind het, dorpe, stede, industriële areas, argeologiese opgrawingsgebiede en religieuse/spirituele spasies.


English:

According to the Oxford Reference Dictionary, heritage is the legacy of people, culture, and environments inherited from the past. In its broadest sense, heritage includes natural and built landscapes, physical artefacts, cultural forms (e.g., music, literature, art, folklore, monuments), intangible culture (values and traditions, customs and practices, spiritual beliefs, language), and biological traits. Heritage is important because it connects people with the past and affirms and reproduces cultural identity.

According to this commonly accepted definition, Stellenbosch Heritage Foundation (SHF) accepts that heritage can be artificial or biological, tangible or intangible. Because the definition affirms the significance of heritage, SHF is also concerned with the heritage we are currently developing and leaving behind for future generations.

To accommodate a fluid approach to heritage and avoid a watered-down approach simultaneously, the Revised White Paper on Arts, Culture and Heritage, UNESCO’s policy on heritage, and the Burra Charter from Australia guide a few heritage-related concepts. The Burra Charter is periodically updated to reflect the developing theory and practice of cultural heritage management.

The concepts of cultural significance, heritage significance, and cultural heritage value are synonymous.

As new information becomes available over time, heritage significance can change. Therefore, the ability to understand heritage significance can change over time, as new information becomes available. Heritage significance, for instance, a site or object, may have a range of values for various individuals and groups.

The conservation process refers to all the steps taken to maintain a place’s heritage significance, which is defined as “aesthetic, scientific, social or spiritual value for past, present or future generations.”

Place has a general meaning and can refer to memorials, trees, gardens, parks, historical event settings, cities, towns, industrial sites, archeological sites, and spiritual/religious settings. The setting, use, associations, meanings, records, related places, and objects can all embody a place’s cultural significance or heritage significance.

You might also enjoy these articles…

Breyten Breytenbach se erfenis in Oxford-biblioteek

Breyten Breytenbach se erfenis in Oxford-biblioteek

Breyten Breytenbach se dood aan die einde van verlede jaar het gelei tot talryke huldeblyke in dagblaaie en op aanlyn-platforms. Suid-Afrikaners erf omvangryk van hierdie digter. Louise Viljoen verwoord die “enorme verlies vir die kulturele lewe van die Afrikaanse,...

read more