Op 27 Februarie 2013 het die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke ’n reeks verbeteringe aan die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes voorgestel, wat die Steynsrust-, Bredell-, Winery-, Annandale- en Tegnopark-aansluitings sal raak.
Die voorstelle sluit verkeersirkels in wat reg bo die Annandale/R44- en die Winery/R44-aansluitings gebou gaan word om motoriste in staat te stel om veilige U-draaie te maak. Sowat 21 mediane op die pad sal ook gesluit word om te verhoed dat motoriste in die vinnige baan ’n gevaarlike U-draai probeer maak. Die res van die bogenoemde kruispaaie sal opgegradeer word.
Lede van die publiek en organisasies kan steeds kommentaar lewer. Kyk na die grafiese voorstellings en agtergrondinligting en stuur u kommentaar aan anel@ccaenvironmental.co.za asook mandy@ccaenvironmental.co.za, met jou naam, e pos, posadres en telefoonnommer.