Heritage Forum

Modern(e) Stellenbosch – ‘n openbare gesprek, 16 Mei 2012

May 7, 2012 | Forum, Meetings

Die Stellenbosch Erfenis Stigting nooi u na `n gesprek oor die moderne erfenis van Stellenbosch, met verwysing na die werk van Pius Pahl, om 18:00 op 16 Mei 2012, in die US Sasol Kunsmuseum.

The Stellenbosch Heritage Foundation invites you to a discussion of modern heritage in Stellenbosch, with reference to the work of Pius Pahl, in the US Sasol Art Museum at 18:00 on 16 May 2012.05.02

————

Stellenbosch Erfenis Stigting: Moderne Stellenbosch

Moderne Stellenbosch, ‘n openbare bespreking oor die moderne erfenis van Stellenbosch, met verwysing na die werk van die argitek Pius Pahl, word op Woensdag 16 Mei om 18:00 in US Sasol Kunsmuseum, Ryneveldstraat deur die Stellenbosch Erfenis Stigting aangebied.

Stellenbosch het talle geboue wat voorbeelde van voortreflike moderne argitektuur is. Dié geboue word egter nie soos ouer geboue wetlik beskerm nie. Vir ‘n dorp soos Stellenbosch is dit belangrik dat mense wat belangstel en betrokke is vra:

  • Wat is moderne erfenis?
  • Kan ons erfenis beter dokumenteer?
  • Hoe skep ‘n dorp se bestuur ruimte en aanmoediging vir voortreflike nuwe argitektuur, wat die bestaande erfenis aanvul en uitbrei?

Sprekers wat deelneem sluit in André van Graan,  argitek, professor in argitektuur en voorsitter van die Wes-Kaapse Insituut vir argitekte; Heinrich en Ilze Wolff, twee wyd bekroonde Kaapse argitekte; en Louis Steyn, argitek en kenner van Pius Pahl se werk.

Pius Pahl was ‘n student en assistent van die legendariese argitek Mies van der Rohe en het ook onder die kunstenaar Wassily Kandinsky gestudeer. Hy het hom met sy Kaapse vrou, Jeanette, en hul kinders in 1952 in Stellenbosch gevestig. Uitstaande kenmerke van sy werk is meesterlike ontwerpe, vloeiende ruimtes, uitstekende vakmanskap en detail wat binne ‘n groter ruimte tot reg kom. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte het in 2001 ‘n uitsonderlike goue medalje aan hom toegeken. Pius Pahl en ander tydgenootlike argitekte het bewys dat hul met goeie moderne argitektuur die historiese milieu van die dorp en omgewing komplementeer.

Alle belangstellendes is welkom.

You might also enjoy these articles…