Times Square – die ‘bowtie’ maak homself netjies

24 November 2015

Dit is een van die bekendste plekke in die moderne era, Times Square in New York, ondergaan ’n ontrimpeling. Die stadsraad wil verseker dat die ‘Bowtie’, soos die stad se inwoners daarna verwys,  die uitgesproke, aan-die-voorpunt gees behou, maar ook die behoeftes van ‘n Informele stedelike ruimte suksesvol aanspreek.

Map

 

Die projek het in 2012 begin en sal, volgens beplanning, teen die einde van 2016 voltooi wees. Drie groot bedreigings wat Times Square van sy status begin beroof het, is:

  • stampvol sypaadjies (‘pedlock’, noem die Amerikaners dit);
  • kwaai mededinging tussen veelvoudige gebruikers vir die beperkte ruime;
  • ‘n lelike en oorvol grondvlak (‘streetscape schlock’).

Bowtie5 Bowtie4 Bowtie3 Bowtie2 Bowtie

 

Die stad se oplossing is, puntsgewys:

  • wêreldklas ontwerp en gefokusde programering om probleme te verlig vir voetgangers en bykomende openbare ruimte te skep.
  • skep ruimtes waar mense – inwoners en toeriste – kan stilstaan, ontmoet en waarneem;
  • herdink die verhouding tussen voetgangers en voertuie en bestuur albei soorte verkeer beter;
  • dink aan Times Square as ’n voortdurend veranderende teater met unieke geleenthede vir klein-skaal optredes.

Tevore het die verkeer voetgangers verdring en die plein ontoeganklik gemaak. Deur dele van die padoppervlak vir verkeer te sluit en dit te omskep in openbare ruimtes waar mense kan sit, staan, uitstal, speel en veel meer, word meer mense nou elke dag suksesvol in die ruimte byeen gebring. ’n Unieke karakter op menslike skaal is opnuut geskep.

Vir meer oor hierdie projek klik hier.

 

 

Leave a Reply