Die Kaapse Instituut vir Argitekte

25 November 2015

Die Kaapse Instituut vir Argitekte (KIA) onlangs toekennings aan twee nuwe ontwikkelings in die dorp gedoen. Dié Instituut se meriete-toekennings word al om die tweede jaar gedoen.

Vanjaar gaan die eerbewyse vir ‘n nuwe huis deur Johann Slee, en vir veranderinge deur Revel Fox en genote aan die  Oude Werf hotel. Twee jaar gelede was daar ook twee wenners uit Stellenbosch: veranderinge aan Dorpstraat 101 deur Johann Slee; en veranderinge deur Jan Klinger aan die Greater Stellenbosch Development Trust se skool en AmaZink gemeenskapsentrum in Kayamandi.

 

Sinkhuis

Argitek Johan Slee se Sinkhuis word beskryf as weldeurdag en goed gemaak. Vier sinkstrukture is met

Visi, Modern Farmhouse

Visi, Modern Farmhouse

‘kraal-klipmure’ verbind terwyl velerlei slim oplossings hieruit voorvloei:

*optimale benutting van die noordelike oriëntasie;

*viering van die berguitsigte;

*beskerming teen die Kaapse wind.

Die manier waarop die argitek aan die sleutelelemente – sinkstrukture en klipmure – geskaaf het, het die panel van keurders beíndruk: deur klein verstellings word uitsigte na binne gebring en wórd die huis die landskap waarbinne dit genestel is.

Alternatiewe energie-metodes is gebruik en plek-plek in die mure en dakke ingebou. Sonpanele verhit die water vir huishoudelike gebruik asook die swembadwater in die winter.

’n Ou tennisbaan is omskep in ’n ‘plaas’ – ’n groentetuin. Die geheel sit in ’n natuurlike fynboslandskap wat moeiteloos by die aanliggende natuurreservaat aansluit.

Visi, Modern Farmhouse

Visi, Modern Farmhouse

 

Oude Werf

Hierdie hotel, tussen Kerk- en Pleinstrate in die dorpskern, vorm deel van die Stellenbosch-ervaring vir menige toeris. Ook vir inwoners. Kerkstraat se baie unieke karakter dra by tot ’n ervaring van Stellenbosch wat weer aan duisende ander toeriste verkoop kan word. Revel Fox en Vennote het daarom op die karakter van die Kaap Hollandse dorpshuis en die Victoriaanse huis gefokus, met ’n kontemporêre eenheid wat die twee verbind, sonder om onnodig aandag te trek.

Die gewig van dié gebou word slim verdoesel wanneer ’n portaal op grondvloer ‘n alkoof op die eerste vloer en ‘n balkon op die tweede vloer word. Hierdie verstapping na agter dwing die gewig ook weg van die gedeelde ruimte. Die mansard-tipe dak, wat die tweede vloer bedek, bring die skaal af omdat verdieping en dak een word.

Die onderskeid tussen oud en nuut word verder met boumateriaal beklemtoon: oud is swaar en gewigdraend terwyl nuut lig is. Dink aan ‘n soliede, oorgroot geelhoutdeur in ’n glasmuur.

Daar is ook gebruik gemaak van binnehowe – ’n buite-eetruimte en ’n tuin met omring kamers – om die ruimtes te orden en die hiërargie tussen publiek en privaat te kommunikeer.

Revel Fox Partners.

Revel Fox Partners.

Leave a Reply