Stockholm se stap-kultuur rede vir ’n gelukkige stad

24 November 2015

New York se belegging in Times Square is danksy die lesse wat dié stad by Stockholm, Swede, geleer het. Swede het voetganger-vriendelikheid en ook voetganger-veiligheid in die laaste dekade ingrypend verbeter.

Tien jaar gelede, toe heelwat van Stockholm se strate vir verkeer gesluit is, was sowat 70% van die inwoners daarteen gekant. Vandag geniet dit die steun van die oorgrote meerderheid van die mense wat in die Sweedse hoofstad werk en woon.

Foto City Lab

Foto City Lab

Volgens Spacescape, wat by beplanning betrokke is, is een van die redes hiervoor die ekonomiese sin wat dit maak. Hoe meer van jou bestemmings – winkels, restaurante, kulturele aktiwiteite, verkeersnodusse, parke en waterfronte – binne stapafstand is, hoe beter die eiendompryse.

Stockholm en Kopenhagen is in die wêreld van stedelike beplanning bekend as die beter wandelstede. Baie mense meen dit is danksy die sogenaamde Vision Zero, wat fokus om verkeersterftes en ernstige beserings na nul te verminder, deur ’n mengsel van ingenieurswese, opvoeding en wetstoepassing.

Foto City Lab

Foto City Lab

Volgens Lars Strömgren, ‘n fietsry-voorstander, was Vision Zero gefokus daarop om jou in jou kar te hou – net veiliger. Maar die nuwe Vision Zero 2.0, ’n bygewerkte weergawe, fokus pertinent op die gebruik van fietse en om te loop, eerder as om in ’n motor te sit.

Vir ’n artikel en video hieroor, klik hier.

Leave a Reply