Siebert Wiid en Jochem Mars

25 Maart 2014
SIEBERT WIID

Siebert Wiid

Jochem Mars

Jochem Mars

Twee gewaarderde Stellenbosse argitekte, Siebert Wiid en Jochem Mars, is onlangs oorlede. Die Erfenis Stigting is besig om ’n databasis van hul werk saam te stel, as deel van ’n databasis van bekende en invloedryke argitekte wat in Stellenbosch gewerk het.  Enigiemand met bydraes – dalk woon of werk jy in een van hul geboue – is welkom om ons te kontak. Die databasis sal ’n CV en lys van bouwerk (met die klem in en om Stellenbosch) bevat maar, waar van toepassing, sal persoonlike skrywes en anekdotes ook ingesluit word.

Leave a Reply