Wie is Balkrishna (B.V.) Doshi? ’n Paar feite oor die wenner van die 2018 Pritzker Prys

31 Mei 2018

ArchDaily  het ‘n lys van interessante feite oor Doshi saamgestel:

* Doshi se kantoor, Vastu Shilpa, het ‘n lys van “moet sien” argitektuurterreine in die stad Ahmedabad saamgestel sodat besoekers die stad kan ervaar en die konteks waarbinne Doshi sy geboue skep, kan verstaan.

* Vanaf 1951 tot 1955, het B.V. Doshi direk onder Le Corbusier gewerk as ‘n vakleerling in dié se Paryse ateljee. En wyl Le Corbusier in gebroke Engels met Doshi gekommunikeer het, het Doshi later opgemerk: “Wanneer jy nie die taal ken nie, word die gesprek meer visueel en ruimtelik.”

* Doshi was baie betrokke by die ontwerp van Chandigarh, die nuwe hoofstad van die provinsie Punjab (Chandigarh dien nou as hoofstad vir beide Punjab en Haryana). Dit was sy werk om die leefruimtes vir die duisende eenvoudige regeringsamptenare te ontwerp. Dit het gelei tot sy volgehoue belangstelling om die beste basiese en lae-koste gemeenskaplike ruimtes te ontwerp.

* In die 1960s stig Doshi die The School of Architecture in Ahmedabad (vandag bekend as die Centre for Environmental Planning and Technology, CEPT). Louis Kahn was een van die eerste fakulteitslede.

* Doshi se werk wys op ‘n praktiese en deurlopende gebruik van lasdraende mure – die dik mure wat ook goeie beskerming bied teen Indië se warm klimaat.

* Doshi het saam met Moshe Safdie, die Iranse argitek Nader Ardalan en die Harvard-professor Josep Lluis Sert gewerk aan die Habitat Handves van Regte, wat deur die Iranse regering voorgelê is aan die VN se afdeling vir Habitat en Menslike Nedersettings tydens ‘n konferensie in Vancouver in 1976.

* Doshi dien van 2005 tot 2009 as lid van die Pritzker se jurie.

Leave a Reply