Vroue in Argitektuur-toekenning se wenners aangekondig

31 Mei 2018

Twee Suid-Amerikaanse argitekte is die wenners van die Argitek van die Jaar-toekenning en die Moira Gemmill-prys vir Ontluikende Argitektuur in vanjaar se  Vroue in Argitektuur toekennings.  Die Kapenaar Ilze Wolff van Wolff Argitekte was ook op kortlys vir die Moira Gemmill-prys.

Ilze Wolff

Die toekennings word gemaak deur die The Architectural Review en The Architects’ Journal.

Die Peruviaan Sandra Barclay van Barclay & Crousse, het die Argitek van die Jaar-toekenning gewen vir haar werk aan Museo de Sitio de Paracas in Peru. Die oorspronklike museum is in 2007 bykans heeltemal vernietig in ’n aardbewing en die nuwe gebou dien ook as herinnering aan sy voorganger.

Peru’s Museo de Sitio de Paracas

Gloria Cabral is die wenner van die Moira Gemmill-prys vir Ontluikende Argitektuur. Die prys erken uitnemdnheid in ontwerp en ‘n blink toekoms vir vroulike ontwerpers jonger as 45. Cabral, ‘n vennoot by Gabinete de Arquitectura, is van Paraguay. Die beoordelaars was beïndruk met diemanier waarop sy “rasionele dog innoverende konstruksie tegnieke kombineer met eenvoudige materiale, soos die Paraguayse baksteen, en só konvensies uitdaag”.

Gloria Cabral en Peter Zumthor

Ilze Wolff is ‘n stigtersvennoot by Wolff Architects, saam met haar man, Heinrich Wolff. Ilze is ook die dryfkrag agter OHArchitecturewat streef om ‘n geheuebank te skep vir “argitektuur van Suid-Afrika en in Suid-Afrika”. In Stellenbosch het sy haar pa, Wilfred Damon, vergesel op staptoere van Die Vlakte. Sy het ook Pumflet Gaiety die lig laat sien wat ‘n geskiedenis van die Gaiety-teater is. ‘’n Dokumentêre film van Wilfred Damon se staptoere in Die Vlakte is tans in produksie.

Leave a Reply