Voorstel vir vervoerkalmering

26 September 2017

Argitek en stedelike ontwerper Henri Comrie het hierdie foto’s aangestuur van ‘n voetgangerkruising oor ‘n redelik besige pad in die provinsie Provence, Frankryk.

Die oorgang, van growwe klip gemaak, blyk ‘n baie geslaagde vorm van vervoerkalmering te wees. Dit verbind ‘n parkeerterrein met die Le Thoronet-klooster. Comrie stel iets soortgelyk voor vir die R44 waar dit deur Stellenbosch loop. Gekombineer met verkeersirkels by die groot kruisings, meen hy dit behoort baie effektief te wees om motoriste te herinner “die pad behoort nie net aan hulle nie”. Comrie vergelyk dit ook met die voetoorgange by Pniel, waar ‘n aanslag soortgelyk aan dié by Le Thoronet gevolg is en oënskynlik suksesvol is.

Leave a Reply