Tien byderwetse Britse geboue op nuwe seëlversameling

16 Augustus 2017

Tien geboue wat in die onlangse verlede in die Verenigde Koninkryk opgerig is, word gevier op ‘n spesiale reeks seëls wat onlangs deur Royal Mail uitgereik is.

Volgens Royal Mail verteenwoordig die geboue “die herontwaking van kontemporêre argitektuur in die VK se onlangse verlede”.

Van die seëls is van Zaha Hadid Argitekte se Londense akwatiese sentrum, Herzog & de Meuron se aanbouing by die Tate Modern bekend as Switch House, en die Birmingham-biblioteek deur Mecanoo

London Aquatics Centre

“In die afgelope twee dekades was daar ‘n opbloei in die oprig van openbare geboue in die VK,” het die Royal Mail in ‘n persvrystelling opgemerk. “Heelwat van hierdie avontuurlike en innoverende strukture, in diens van kultuur, sport, regering en besigheid het gewilde en belangrike dele van die plaaslike landskappe geword, en speel dikwels in ‘n rol in herlewing van ’n area.”

 

Landmark Building Stamps

Met vergunning van Royal Mail

The complete list is:

The Eden Project deur Grimshaw Architects

Everyman Theatre deur Haworth Tompkins

Giants Causeway Visitor Centre deur Heneghan & Peng Architects

Imperial War Museum North deur Studio Libeskind

National Assembly for Wales deur Rogers Stirk Harbour + Partners

Scottish Parliament Building deur EMBT

SEC Armadillo deur Foster + Partners

Tate Modern Switch House deur Herzog & de Meuron

Library of Birmingham deur Mecanoo

London Aquatics Centre for 2012 Summer Olympics deur Zaha Hadid Architects

Leave a Reply