Teenstand teen provinsiale padingenieurs se planne vir die R44 tussen Somerset-Wes en Stellenbosch neem toe. Tegelyk is daar geen aanduiding dat die ingenieurs hul vertrekpunt en benadering van 2015 sal verander nie.

Voorstelle vir die R44
Die jongste verwikkeling is dat ‘n konsortium van ondernemings, organisasies en individue appél aanteken teen die provinsiale owerhede se jongste goedkeuring van ‘n verdere stap in die proses. Ook Erfenis Wes-Kaap, ‘n provinsiale instelling, appelleer teen die goedkeuring.
Besware teen die planne omvat onder meer:
- Dit is ‘n buitensporige duur oplossing van honderde miljoene rande vir ‘n probleem wat eng gedefinieer is
- Al word die R44 meer wesenlik in ‘n snelweg ontskep, verbeter verkeersvloei nie wesenlik nie
- Die ingenieurs se oplossing troon imposant en ongevoelig oor die omgewing, eerder as wat dit probeer om simpatiek op die omgewing in te werk
- Die ingenieurs werk vanuit ‘n benadering waarin die insette van vakdissiplines en gemeenskappe nie as gelykwaardig erken word nie.
- Die nuwe benadering is om paaie met aandag aan die omgewing, gemeenskappe en goeie ontwerp te bou.
Ter inligting sluit ons die aansoeke om appél hierby in asook artikels uit Eikestadnuus:
Aansoek om appél deur konsortium
Aansoek om appél deur Erfenis Wes-Kaap
Artikel 2 en 3 deur Eikestadnuus