‘n Historiese tuin in Stellenbosch

26 Mei 2021

Charles en Dorothy Johnman was beide bewaarders in murg en been. Dit was hul wens dat hul huis in Herte straat ‘n tuiste vir musiek bly en dat toekomstige generasies ook die mooi tuin kan geniet. Na haar dood in 1995 het Dorothy die huis en tuin in die middel van historiese Stellenbosch vir hierdie doel nagelaat. Die Johnman huis en tuin is die enigste eiendom in Herte straat  wat vir die publiek oop is. Dit is ‘n besoek werd.

Pietman Diener, die tuinontwerper agter die restourasie en opknapping van die tuin, het die tuin se oorspronklike uitleg behou, asook die ou bome. Slegs bome wat vanself gesaai het, is uitgehaal om sodoende die oorspronklike uitleg te beklemtoon en om meer sonlig in die tuin toe te laat. Die tuin het toegang tot leiwater wat help dat Paula Raubenheimer, inwoner op die erf, saam met twee tuindienswerkers die tuin dag-na-dag en seisoen-na-seisoen kan versorg.

Hierdie erfenistuin is elke eerste Donderdag van die maand vir die publiek oop. Bespreek voor besoek by gardens@johnman.co.za.

Charles en Dorothy Johnman. Foto deur Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

Leiwater kanale verdeel die tuin. Foto deur Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

Dieprooi in herfs. Foto deur Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

Skadutuin. Foto deur Francois Oberholsteren Kosie Jansen van Rensburg

Magnolias wat in die winter blom. Foto deur  Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

‘n Grasperk met geur. Foto deur Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

 

 

 

Woudtuin. Foto deur Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg

Leave a Reply