Lanquedoc gebou vir Provinsiale Erfenisstatus genomineer

26 Mei 2021

Foto’s by Lauren Buchanan

Stellenbosch Erfenis Stigting het ‘n gebou in Lanquedoc vir Provinsiale Erfenisstatus genomineer. Talle generasies het hulle lewens op verskeie maniere gedeel met die Ou Winkel/Old Shop, soos die gebou gemoedelik genoem word. Die gebou is in die laat 1800’s deur Sir Herbert Baker ontwerp as deel van ‘n groter projek toe Rhodes hom in diens gestel het om ‘n dorp vir plaasarbeiders te ontwerp. Die Ou Winkel is ‘n voorbeeld van ‘n gebou met gewels van die Kaaps-Nederlandse herlewingstyl-argitektuur.

‘n Mens moet verby die Ou Winkel loop of ry om in en uit Lanquedoc te beweeg. Saam met die Anglikaanse St Giles’ kerk vorm die geboue ‘n publieke plein. As gevolg van verwaarlosing en vandalisme is die Ou Winkel egter in ‘n vervalle toestand en die agterste muur is besig om in te gee.

Leave a Reply