April se vure en restourasie prosesse

26 Mei 2021

In April vanjaar is die restourasieproses van die Bloemfontein Stadsaal, wat in 2017 deur ‘n brand verwoes is, voltooi. Mangaung Metro Munisipaliteit het saam met argitek Anton Roodt ‘n taakspan saamgestel en Roodt het die projek gelei. Roodt verduidelik dat die gerestoureerde gebou grotendeels die oorspronklike gebou weerspieël. Kenners het die historiese detail, soos dekoratiewe houtwerk, van die gebou vervaardig. Vernuwings is aangebring om gestremde mense te akkommodeer en moderne lig- en klanktegnologie is geïmplementeer.

Die Stadsaal voor die restourasieproses begin het.  Foro deur Pierce Van Heerden

 

Die Stadsaal ná voltooiing van die restourasie. Foto deur Pierce van Heerden

 

In April twee jaar gelede het ‘n vuur deur dele van die Notre-Dame katedraal ( Wêrelderfenis) in Parys gewoed. President Emmanuel Macron het belowe om die 850-jaar oue katedraal in volle glorie teen April 2024 te herstel. Die eintlike restourasie het egter nog nie begin nie, aangesien tyd tot dusver spandeer is aan die oprig van ondersteunende veiligheidsstrukture. Ten minste twee televisie dramas en een film word vervaardig wat die drama van die vuur en die druk om die restourasie-projek betyds te voltooi, uitbeeld. Dit sal die publiek se kollektiewe belangstelling in die restourasie projek hou.

Restourasiewerk by die Notre Dame Katedraal Parys. Foto deur VCG

 

Restourasiewerk by die Notre Dame Katedraal Parys. Foto deur VCG

Twee historiese geboue in Potchefstroom, die Treinstasie asook die Generaal se Huis, het in 2020 in twee aparte vure afgebrand. Transnet is besig in gesprek met afgevaardiges van die museum in Potchefstroom oor planne om die Treinstasie te restoureer. Die Weermag, Publieke Werke en Witrand Hospitaal trek nog toutjies oor wie die verantwoordelikheid dra om die Generaal se Huis te restoureer.

Die Treinstasie by Potchefstroom was deur ‘n vuur vernietig op 19 September. Foto deur Lize Botes

 

Die Generaal se Huis ná die vuur. Foto deur Venessa van der Westhuizen

Die vuur wat in April in Stellenbosch se oudste gebou, La Gratitude, uitgebreek het, is geblus voor noemenswaardige skade aangerig is.

Die vuur by La Gratitude was geblus voor noemenswaardige skade aangerig is.

 

La Gratitude

 

Leave a Reply