Erfenis Forum


‘n Paar vrae aan Katherine Robinson, die nuwe Senior Erfenis Beplanner by Stellenbosch Munisipaliteit

1 Junie 2021

Stellenbosch Municipality recently appointed Katherine Robinson as Senior Heritage Planner. She joined the Department of Planning and Economic Development in February 2021.  Stellenbosch Heritage Foundation asked Katherine a few questions about her interest in heritage and her new position. Q: You have worked for several years with heritage related issues. Why Heritage? Was it a […]

Nuwe voorsitter vir Stellenbosch Erfenis Stigting

30 Mei 2021

Erfenis in die spervuur

30 Mei 2021

In die afgelope paar jaar het erfenis en meer spesifiek die verhouding tussen erfenis en die samelewing dikwels in die nuus verskyn en in alledaagse gesprekke opgesyfer. Dit het weer gebeur toe die onlangse vuur in Kaapstad onder andere die Universiteit van Kaapstad se Jagger Leeskamer en dele van die biblioteek, Fuller Huis, Cadboll Huis, […]

April se vure en restourasie prosesse

26 Mei 2021

In April vanjaar is die restourasieproses van die Bloemfontein Stadsaal, wat in 2017 deur ‘n brand verwoes is, voltooi. Mangaung Metro Munisipaliteit het saam met argitek Anton Roodt ‘n taakspan saamgestel en Roodt het die projek gelei. Roodt verduidelik dat die gerestoureerde gebou grotendeels die oorspronklike gebou weerspieël. Kenners het die historiese detail, soos dekoratiewe […]

‘n Historiese tuin in Stellenbosch

26 Mei 2021

Charles en Dorothy Johnman was beide bewaarders in murg en been. Dit was hul wens dat hul huis in Herte straat ‘n tuiste vir musiek bly en dat toekomstige generasies ook die mooi tuin kan geniet. Na haar dood in 1995 het Dorothy die huis en tuin in die middel van historiese Stellenbosch vir hierdie […]

Lanquedoc gebou vir Provinsiale Erfenisstatus genomineer

26 Mei 2021

Stellenbosch Erfenis Stigting het ‘n gebou in Lanquedoc vir Provinsiale Erfenisstatus genomineer. Talle generasies het hulle lewens op verskeie maniere gedeel met die Ou Winkel/Old Shop, soos die gebou gemoedelik genoem word. Die gebou is in die laat 1800’s deur Sir Herbert Baker ontwerp as deel van ‘n groter projek toe Rhodes hom in diens […]

Pritzker 2021 dui op verskuiwing in argitektuur

25 Mei 2021

Die 2021 Pritzker-prys, wat gelykstaande is aan die Nobelprys vir Argitektuur, is aan Anne Lacaton en Jean-Philippe Vassal toegeken. Hierdie toekenning onderstreep ‘n geleidelike en deurlopende verskuiwing van waardes binne argitektuur. Lacaton en Vassal se ontwerpfilosofie fokus op hulle Never Demolish-beginsel. Volgens hierdie uitgangspunt begin argitektoniese ontwerp binne die bestaande ruimte en transformeer en brei uit […]

Towards a cancel crisis?

6 Mei 2021

In hierdie omvattende essay ondersoek Janine Loubser en Maaike te Kulve kontroversiële sienings en bewegings rakende publieke kuns, kultuur en erfenis en die invloed van sosiale media. Hulle ontleed spesifieke gevalle soos die #RhodesMustFall krisis en wat die impak daarvan op die kollektiewe bewussyn is.

Biography of Landscape: Karoo as Canvas

29 April 2021

In hierdie artikel ondersoek Janine Loubser die veranderende artistieke interpretasies in die visuele weergawes van die Karoo as landskap. Read more:

New energy, new approach at Department of Planning

12 November 2020

Stellenbosch Munisipaliteit se Departement van Beplanning speel ’n noodsaaklike rol in die welstand van ons dorp. Hierdie Departement het onlangs nuwe aanstellings gemaak. Joernalis Elsabé Retief het onderhoude met kern rolspelers gevoer en berig oor die geskiedenis van die departement asook die geleenthede en uitdagings wat 2020 en die nabye toekoms inhou.

‘n Post-pandemiese toekoms – nadenke oor wat gaan verander en wat nie: Die langtermyn impak van Covid-19 op ons huise en stede.

12 November 2020

Elke oggend om presies 10:30 gooi my buurvrou haar terrastuin nat. Teen ongeveer 12:00 gaan sit die bure bokant my buite vir middagete. Om 15:00 kan ek hoor hoe die stoele in die kafee onder in die straat opgepak word. Hierdie kennis oor ander se daaglikse roetines was eers van die ontdekkings wat grendeltyd opgelewer het, maar het intussen deelgeword van die bepalende kenmerke van baie mense se huidige werkomgewings. Hier gee Janine Loubser haar ingeligte mening oor die impak wat Covid-19 op die ontwerp van huise en stadsbeplanning reeds het en moontlik nog kan hê.

Mobiliteit in Stellenbosch

9 November 2020

Dit is mobiliteitsmaand en vir ‘n week het die Munisipaliteit ruimte geskep vir voetgangers en fietsryers. In dié week het restaurante in Kerk- en Andringastraat sypaadjies en parkeerplekke oorgespoel. Lees ook twee items, ‘n voorlegging van planne oor mobiliteit in Stellenbosch, en ‘n informele gesprek wat ‘n blik gee van hoe mense oor die dorp se strate dink en voel.

Gawie Fagan, ‘grote heer’ van Suid-Afrikaanse argitektuur (15 November 1925 – 13 September 2020)

8 November 2020

The art historians, Mary Cook and Hans Fransen write that the three most important and influential architects in the Western Cape during the middle of the previous century were Gawie Fagan, Pius Pahl and Revel Fox. All three did important architectural work in Stellenbosch. Gawie Fagan died recently.

Sir David Adjaye wen gesogte RIBA 2021 goue medalje

8 November 2020

Die Koninklike Instituut vir Britse Argitektuur (RIBA) het hul 2021 goue medalje toegeken aan sir David Adjaye vir sy besonderse invloed op eietydse argitektuur.

Skrynwerkers Sonder Grense

8 November 2020

Skrynwerkers Sonder Grense het pas ‘n akkerhout dakstut of kap van drie ton vir die Notre Dame-katedraal aanmekaar getimmer en met die hand opgerig. Dié kap is soortgelyk aan die een wat laasjaar in die verwoestende vuur vernietig is. Hiermee wou die skrynwerkers demonstreer hoeveel tyd en vaardighede vakmense aanvanklik aan die bou van die Notre Dame bestee het.

Universiteit vier die Grondwet met nuwe kunswerk

8 November 2020

Die kunstenaar Strijdom van der Merwe het in opdrag van Stellenbosch Universiteit ‘n kunswerk ter viering van die Grondwet van Suid-Afrika by die Ou Hoofgebou in Ryneveldstraat ontwerp.

Huis Farnsworth

19 Augustus 2020

Mies van der Rohe se Huis Farnsworth, ‘n ikoniese gebou van die twintigste eeu, is onlangs opnuut gerestoureer en is nou ná die grendeltyd in Illinois, VSA, oop met ‘n nuwe tentoonstelling wat fokus op die besonderlik begaafde oorspronklike eienaar van die huis, Edith Farnsworth.

Gesogte argitektuur-toekenning vir Suid-Afrika

19 Augustus 2020

Suid-Afrika is in die kollig met argitek Jaco Booyens se goue medalje vir Argitektoniese Restourasie wat deur die Italiaanse maatskappy Fassa S.r.l. en Ferrara Universiteit aangebied word. Booyens, wat vanuit Robertson werk, het die prys saam met SAOTA argitekte van Kaapstad ontvang.

Serpentine Somerhuis 2020 uitgestel

19 Augustus 2020

Die Suid-Afrikaanse argitekte se Serpentine Somerhuis 2020 is uitgestel tot volgende jaar. Die Serpentine Gallery in Londen sê die pandemie het die sosiale konteks verander waarbinne mense die pawiljoen sal benut.

Wenners van ‘n post-pandemie ontwerp-kompetisie

19 Augustus 2020

Die Britse instituut vir argitektuur (of te wel RIBA, Royal Institute of British Architecture) het die wenners aangekondig van Rethink: 2025, ‘n internasionale ontwerp-kompetisie. RIBA het die kompetisie te midde van die internasionale Covid-19 grendeltyd ingestel. Deelnemers moes idees genereer oor die aard van alledaagse lewe in stede en dorpe in 2025.