The Vlakte of Stellenbosch

6 April 2017

In the last century, the Gaiety Cinema was a famous venue in Stellenbosch for several decades, specifically for the community of the Vlakte.  This institution is now being celebrated in a new publication, which was introduced during a walkabout with Wilfred Damon, a former resident and teacher for the vicinity.

 

Top left: the group ‘The Invaders’ performing at the Gaiety; bottom left: the Gaiety bio scope and film operator, Mr Victor Bergstedt. (Photo is supplied courtesy of Hilton Biscombe.)

 

Pumflet Gaiety was written by Wilfred Damon and edited and published by the architect Ilze Wolff and artist Kemang Wa Lehulere.  The text is in English, Afrikaans and Xhosa.  Pumflet Faiety is available per copy at tours@oharchitecture.com

 

Pumflet Gaiety announcement of the walkabout with Wilfred Damon and the screening of La Boheme close to Roman’s Pizza where the old Gaiety bio scope was situated.

 

The launch, walkabout and street presentation of scenes from La Boheme was presented as part of the Hiervandaan project of the Stellenbosch outdoor arts trust.

Pumflet Gaiety is an interesting addition to the other recent publications on the community of the Vlakte, Nog altyd hier gewees by Hermann Giliomee, and In ons Bloed, compiled by Hilton Biscombe. Use this link for an extract from another forthcoming publication by Wilfred Damon.

Elsabe Retief was with the large group of Stellenbosch residents who walked through the former neighbourhood guided by Wilfred Damon.

Her impressions:

Die Vlakte is Hiervandaan

Ná meer as vier dekades se verblyf in Stellenbosch,  ná oom Aaron Cupido se vertellings, Hilton Biscombe en andere se vertellinge in In ons Bloed, prof. Herman Giliomee se Ons was nog altyd hier gewees, was die verlies aan die Vlakte en sy mense nog nooit so ‘n werklikheid vir my soos met die rondleiding deur die gebied saam met Wilfred Damon verlede Donderdagaand (30 Maart)  nie.

Die Stellenbosch Buitelugbeelde-projek, vanjaar Hiervandaan genoem, het die uitstappie moontlik gemaak en was die titel meer van pas nie. Om saam met Damon, oud-Vlakte-inwoners en belangstellendes die pad te loop terug na die verlede, tussen huidige, moderne en soms onaantreklik en ongevoelige geboue, en verwaarloosde oop ruimtes.

 

The Merriman cash store

 

Wilfred Damon,  Stellenbosch

Damon, wat sy herinneringe opgeteken het, veral oor sy aangename ervaringe in die Gaiety-bioskoop in Pumflet, en sy – vir daardie apartheidsjare – “onwettige” besoek aan  die Plaza-fliek, was ‘n lewende Hiervandaan-simbool van die Vlakte wat die eertydse gemeenskap stuk vir stuk aan ons blootgelê het .

Tussen Muller-, Borcherd-, Andringa-, Van Ryneveld-, De Villiers- en Joubertstrate het hier ‘n gemeenskap gewoon en gewerk en gespeel tot apartheid se Wet op Afsonderlike Gebiede ‘n gemeenskap in die sestigerjare uitmekaargeskeur het.

Saam het ons Damon op sy opvoustoeltjie van plek tot plek gevolg en tussen al die name van families en hul besighede en beroepe, kon jy ‘n woonbuurt met sy eie besighede, skole en kerke in jou verbeelding begin optower.

Al het die huise nie almal aan die inwoners self behoort nie, is dit onverklaarbaar waarom die apartheidsregering die huise sou afbreek en sloop. Die eenvormige ritme van straatfront op straatfront is óf verwyder, of hier en daar is sommige soos tussen uittande laat staan. Ek onthou so duidelik hoe oom Aaron hierdie optrede oor en oor betreur het – die werk van sy meesterbouerpa wat platgeslaan is ná mense uit die Vlakte verwyder is.

Stellenbosch het wel hier en daar voorbeelde van hierdie huise in daardie gebied en veral die goedbewaarde en gesogte huisies in Ryneveldstraat tussen Banhoek en Merrimanlaan, maar dit was hartverskeurend om elke keer by Damon op sy stoeltjie stil te staan en te moet luister wie het in watter huis gewoon het wat nou nie meer daar is nie. In drievertrekhuisies –  sit- en slaapkamer en kombuis  – het wit en bruin langs mekaar gebly, afgewissel met die ewige kafeetjie op elke hoek, ‘n intrinsieke deel van die Suid-Afrikaanse dorp.

Soos Distrik Ses staan die moskee en kerke nog daar, en nes Distrik Ses, woon hul gemeentes nie meer daar nie. Die skole is ook nie meer daar nie – James Hugo, die Rynse gedenkskool en St Mary’s-skool wat gesloop is vir die Verkeersdepartement. Die NG Kerk (nou die Baptisteskerk) se laerskool is darem nog staande, so ook Hoërskool Lückhoff, opgedra aan die mense van die Vlakte. Die Volkskerk staan nog daar, netjies geverf maar ‘n ander gemeente benut dit nou.

‘Volkskerk’ complex

En so rammel Damon die familiename af wat in die verskillende blokke gebly het soos die Hendrickse, die Mathese-clan, Davidse, Africa. So ook die besighede van Rupertsberg, Dagbreek Motors van Arnolds en die huise van Alexanders waar twee, self drie, geslagte gewoon het.

Building in 1927, 97 Ryneveld Straat, Die Vlakte, Stellenbosch, was the property of Simon Cupido.

Dit was al donker toe ons by die huidige Pick n Pay-parkeerterrein ‘n draai maak, waar Damon spesiaal melding van die slaghuis gemaak het. Die Birdstraat Slagtery was toe al daar met familiehuise langs die slaghuis. Hy noem  ook Van Zonen-loodgieters, Crombie die Barber, S&L Furnishers , Tattersalls, ’n skrynwerkersfabriek in die destydse NG kompleks en die gang na Jerry se “houtjaart”.

Die geboutjie waar die veeaartsenypraktyk op die munisipale parkeerterrein by Pick n Pay al die jare aktief is, was die poskantoor met sy twee ingange, een vir wit en die ander vir “nie-blankes”. Op die parkeerterrein was ook die sogenaamde “Maleise kamp”, uitgelê soos ‘n Maleise jaart, vertel Damon, met groot huise tuin en wasplek.

Hy verwys na Banhoekweg , waar hy 10 jaar by sy ouma gewoon het, en ons hoor ook van die Appollis-, Rashied-, asook die Arends-, Moses- en Hamat-families wat in die omgewing gewoon het.

Maar sy groot liefde was die Gaiety, die bioskoop op die hoek van Andringa en Banhoek, en in die donker kon ons op doek tonele en musiek uit La Bohème sien, en vir rukkie deel in Wilfred Damon se spesiale eertydse jeugervarings, soos in Pumflet breedvoerig beskryf.

Dit is met ‘n vol gemoed en gemengde emosies dat ons uitmekaar gegaan het, diep onder die indruk van ‘n verlore gemeenskap en Stellenbossers wat die trauma van gedwonge verskuiwing moes beleef en weer diep gedelf het om die moed te vind om van vooraf elders nuwe gemeenskappe te begin.

Elsabe Retief, 6 April 2017

Leave a Reply

Please complete this security captcha: * Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.