Hoe ’n stad jong en vernuwende energie lok

6 Junie 2016

Tydens ’n praatjie in sy tuisstad, Pittsburgh, het ‘n entrepreneur en innoveerder eenvoudige, slim punte gelys wat ook binne die bereik van Stellenbosch is.

paulgraham_2239_13556

Paul Graham, ’n sosiale kommentator en rekenaarprogrameerder, het onlangs in Pittsburgh in die VSA ’n praatjie gegee oor hoe dié stad, waarin hy groot geword het, Silicon Valley kan nadoen as ’n plek waar sogenaamde ‘start-ups’ gebéúr. (Wikipedia beskryf ’n ‘start-up’ as ’n nuwe of entrepreneurs-besigheid in die vorm van ‘n maatskappy of vennootskap wat maklik herhaal of geskaal kan word.)

In kort som hy sy praatjie op in ’n enkele sin: “Encourage local restaurants, save old buildings, take advantage of density, make CMU [Carnegie Mellon University] the best, promote tolerance.”

Pittsburgh, wat vir lank ’n kernstad was vir die staal-, aluminium- en oliebedrywe, met baie hoofkantore daar gesetel, het sedert die 1980s baie agteruitgang beleef toe afleggings weens de-industrialisasie die stad se blouboordjie inwoners sien trek het.

Dus, hoe omskep ’n mens dit weer ’n werkbare, groeiende, léwendige stad? Is dit moontlik? Graham het sy antwoord gevind in ’n artikel in die New York Times se kosafdeling, wat die groeiende koskultuur in Pittsburgh ondersoek het. Hierdie kultuur word grootliks aangedryf deur jongmense, die gesig agter die ‘start-up’-kultuur.

Graham begin deur daarop te wys dat Pittsburgh se persentasie 25-29 jariges bó die nasionale gemiddelde is (7,6% teenoor 6,8%). En jongmense soek bekostigbare behuising. Hy sê dat ‘n buurt wat nog altyd swak was, het swak behuising. Maar ’n buurt wat eens op ‘n tyd goed was en toe agteruit gegaan het, het goeie behuising teen billike pryse – waarvan Pittsburgh baie het. Volgens Graham is die goeie, stewige (maar nie altyd mooi) huise wat oor die laaste eeu in Pittsburgh gebou is, ideaal.

Daarom, fokus op die bewaring historiese (ouer) geboue. Aldus Graham is die nie die nuwe ontwikkelings wat opgerig word waar daar eens ouer geboue was wat jongmense na ’n stad toe lok nie, dit is die goed geboude, ouer geboue – nie altyd mooi nie – met karakter.

Hy sê ook empiriese bewyse toon dat daar nie té streng met historiese bewaring omgegaan kan word nie. “Hoe strenger die stede daaroor is, hoe beter blyk hulle te vaar.”

Ook, Pittsburgh se sentrum dateer uit die era vóór motorkarre – iets waarvan jongmense hou. Volgens Graham wil jongmense stap, fietsry of van openbare vervoer gebruik maak en nie noodwendig ’n eie motor gebruik om oor die weg te kom nie. Die ligging van die universiteit in Pittsburgh se stadskern, is ’n bonus in hierdie opsig.

Verder sê Graham die kultuur van ’n stad is baie belangrik: dit moet verdraagsaam wees. Baie ‘start-ups’ word bedink deur mense wat vir die deursnee burger dalk as effe vreemd kan voorkom – ’n hippie of vrydenkende gees wat nie altyd by ál die reëls hou nie.

Paul Graham

http://www.paulgraham.com/bio.html

praatjie

http://paulgraham.com/pgh.html

Wikipedia

https://en.wikipedia.org/wiki/Startup_company

Leave a Reply