Zeits Mocaa op die kortlys van die Wêreld Argitektuurfees

20 September 2018

Zeitz MOCAA, Kaapstad se opwindende en innoverende nuwe kunsgalery, is op die kortlys vir ‘n toekenning by vanjaar se Wêreld Argitektuurfees.  Dié prestige fees wys jaarliks ‘n Wêreld Gebou van die Jaar aan.

Heatherwick argitektuur – Dezeen

2011 Kategorie wenner, Noorweegse Pawiljoen, Noorwee, Hjerkinn by Snøhetta

Op die kortlys vir 2018:  American Embassy Kieran Timberlake

Op die kortlys vir 2018:  Kapsarc Zaha Hadid, Saudi Arabia

 

Die Britse argitek Thomas Heatherwick het ‘n ou graansilo in die Kaapse Waterfront heringerig om die Zeitz MOCAA te huisves. Die mikpunt van die galery is om die belangrikste uitstalruimte vir Afrika-kuns ter wêreld te word.

Heatherwick het die graansilo wat uit die 1920’s hanteer, op kreatiewe wyse omskep in ‘n ruimte met meer as 80 aparte uitstalareas rondom ‘n reuse sentrale atrium. Die aparte silopype is op verskillende maniere oopgesny en uitgekerf om as bruikbare ruimtes te funksioneer.

Binnekant van die silo torings,  Zeits Mocaa

Die Wêreld Argitektuurfees lok jaarliks honderde inskrywings. Die geleentheid vind in Singapoer plaas, waar kortlyskandidate ‘n voorstelling van hul projekte aanbied en die toekennings oorhandig word.

Leave a Reply