Argitektuurskrywer bekroon met Pulitzer

18 Junie 2014

Dit is vanjaar maar die sesde keer dat ’n argitektuurskrywer met die Pulitzerprys vir kritiek bekroon is. Inga Saffron van die Philadelphia Enquirer, het hiermee haar plek langs Ada Louise Huxtable, Paul Goldberger en Blair Kamin verseker.

Saffron is al sedert 1999 by die Inquirer. ‘n Artikel in Architectural Review beskryf haar werk as ‘loopgraaf kritiek’.  Sy word beskou as ’n voorbeeld van argitektuurskrywers by koerante wat intens deel is van hul onmiddellike omgewing, met ’n beduidende invloed op die stede waar hulle werk. Saffron sê self sy is ewe veel geinteresseerd in die straatlewe van Philadelphia as die gehalte van argitektuur. Sy meen die enkele grootste gevaar vir Philadelphia se straatkarakter is massaontwikkelings met ’n rye motorhuise as die primêre straatfront.

Klik vir ’n keur van haar werk, soos op die Pulitzerprys se amptelike blad.

Nog ’n argitektuurskrywer, Michael Sorkin (hy is ook ’n argitek), skryf elders in Architectural Review onder oor die waarde van argitektuurkritiek. Soos argitektuur, maan hy, moet argitektuurkritieke in die eerste plek diensbaar wees.

 

Leave a Reply