Wenners van ‘n post-pandemie ontwerp-kompetisie

19 Augustus 2020

Die Britse instituut vir argitektuur (of te wel RIBA, Royal Institute of British Architecture) het die wenners aangekondig van Rethink: 2025, ‘n internasionale ontwerp-kompetisie. RIBA het die kompetisie te midde van die internasionale Covid-19 grendeltyd ingestel. Deelnemers moes idees genereer oor die aard van alledaagse lewe in stede en dorpe in 2025.

Inskrywings is in drie kategorieë beoordeel, straat, stad en gebou met ‘n wenner vir elke kategorie.

PeopleMatter se projek, Strate is vir loop gemaak, het die kategorie straat gewen. Die projek lê uit hoe strate verander kan word om ruimte te skep vir meer omgewingsvriendelike, veilige en gelukkige lewenswyses.

Streets Are Made for Walking on YouTube:

In die kategorie stad is die wenprojek, Greater London Agriculture, se doelwit om volhoubare boerdery na die stad te bring deur ‘n lappieskombers van verspreide kosproduserende stukke grond in die stad te vestig. Een van die redes agter hierdie projek is om pandemies soos Covid-19 te verhoed deur dit vir mense moontlik te maak om nader te woon aan die oorsprong van die kos wat hul eet.

Greater London Agriculture on YouTube:

 

Die projek, Get Everyone In, wat die kategorie gebou wen, benut die tendens om tuis te werk. Die projek voorsien planne om onbenutte kantoorspasie in beboude dele vir gesondheidsdiente en as behuising te benut.

Get Everyone In on YouTube:

 

https://www.archdaily.com/944579/riba-announces-winners-of-post-pandemic-design-competition?utm_medium=email&utm_source=ArchDaily%20List&kth=1,575,957

https://www.ribaj.com/intelligence 

Leave a Reply