Wat weet ons van die vroeë geskiedenis van Stellenbosch?

12 Maart 2019

Wanneer en waar het die menslike verhaal begin?

In ‘n kort opstel vir die Stellenbosch Erfenisstigting gee Dr Jannette Deacon ‘n oorsig van wat nou bekend is oor die argeologie en geskiedenis van die Steentydmense wat vóór Europese kolonisasie in die omgewing van Stellenbosch en aangrensende Wynlande gewoon het.
Wanneer en waar het die menslike storie begin?
Daar is genoeg argeologiese bewyse – soos klipwerktuie, asook menslike oorblyfsels – dat mense van die Steentyd ‘n miljoen jaar gelede in die Wes-Kaap gewoon het.
In dié streek is daar egter nog nie bewyse vir die vroegste klipwerktuie en hominide fosieloorblyfsels van tussen een en drie miljoen jaar gelede wat al in die Wieg van die Mensdom in Gauteng, asook in die Limpopo en Noordwes provinsies gevind is nie. Dit is nie duidelik of dit is weens die beperkte ekologiese gebied waarin die vroeë hominide geleef het, of weens die afwesigheid van geskikte geologiese formasies vir die bewaring van beendere.

Steentydperd gereedskap

Wat bedoel ons met die Steentydperk?
Die Steentydperk was die tyd toe die meeste van die jagter-versamelaars se gereedskap gemaak is deur klippe teen mekaar te kap – ‘n hamersteen teen ‘n kern – sodat skerp snykante weerskante van die kern geskep is en ook op losstaande vlokkies.
Fynkorrel gesteentes skep vlokke met rante skerper as ‘n metaalmes. Die steen stomp egter baie vinniger as metaal af en argeoloë fokus dus op klipgereedskap as die primêre bron van bewyse vir die teenwoordigheid van mense in ou landskap gereedskap is byna onverwoesbaar, dit is dikwels al wat agterbly, nadat beendere, hout, plantoorblyfsels en skulpe al vergaan het.

 

Leave a Reply