Toekomstige stede in Afrika

25 Julie 2019

Die Amerikaanse Universiteit in Kaïro was in Mei die gasheer vir die Forum vir Volhoubare Konstruksie (Forum for Sustainable Development). Volgens Graham Wood is hierdie internasionale konferensie aan die een hand gekenmerk deur flambojante en glansryke megaprojekte en aan die ander kant aandag aan volhoubare ontwerp en boumateriaal.  Die Egiptiese adjunk-minister van behuising, Khaled Abbas, het byvoorbeeld beskryf hoe Egipte besig is om die grootste, nuwe woestynstad 50 km buite Kaïro te bou, met ‘n toringgebou in die middel wat mik om die hoogste gebou in Afrika te wees.

Die ikoniese toring

In teenstelling het die  Chileense argitek en ‘n vorige Pritzker pryswenner, Alejandro Aravena, uitgewys dat dit nie volhoubaar is nie, veral nie in die plek waar Egipte die nuwe stad bou nie. Die argitek Diébédo Francis Kéré van Burkina Faso het verduidelik hoe sinvol dit is om met plaaslike en tradisionele materiaal te bou en daarmee saam die plaaslike gemeenskap by die ontwerp en bouprosesse te betrek. Die kongres het oorwegend argumenteer dat nuwe stede in Afrika volhoubaar moet wees.  Europa kan Afrika help met volhoubare ontwerp en bouprosesse, juis omdat ontwikkelende lande dikwels die buitenste vorm van die voorbeelde uit Europa kopieer.

Hermann Kampte’s houttoring in Lagos

Plaaslik het President Ramaphosa ook vandeesmaand voorgestel dat ‘n nuwe slim-stad in Suid-Afrika gebou moet word.  Daar is wye steun vir die president se gedagte, maar ook kritiek.  Lees byvoorbeeld Wessels se mening met gepaargaande redes.

Leave a Reply