Stellenbosch oor vyftig jaar: hoe kan dit lyk

7 Oktober 2015

Kenners het vroeër vanjaar nagedink en oor die Eikestad se toekoms gesels. Die gesprek, deel van Woordfees 2015, was getiteld: Stellenbosch 2065 – Sterwend, steierend of innoverend? Met die geweldige groei in en om die dorp as agtergrond is daar gekyk na nuwe insigte en invalshoeke oor stedelike ontwerp vir Stellenbosch.

Eloise Rosseau

Eloise Rosseau

Dupré Lombaard, direkteur van beplanning en ekonomiese ontwikkeling by die Stellenbosch Munisipaliteit; Danie Fölscher, Wes-Kaapse hoof van PwC; en Prof Erwin Schwella, het gesels met Eloise Rousseau, ’n stedelike beplanner van die Stad Kaapstad. Klik hier om te lees wat in dié hoogs insiggewende gesprek gesê is. U kan ook na ‘n ongeredigeerde opname van die gesprek luister by http://iono.fm/e/150528

Leave a Reply