Skrynwerkers Sonder Grense

8 November 2020

Deur Kirian Ridley, Getty

Skrynwerkers Sonder Grense het pas ‘n akkerhout dakstut of kap van drie ton vir die Notre Dame-katedraal aanmekaar getimmer en met die hand opgerig. Dié kap is soortgelyk aan die een wat laasjaar in die verwoestende vuur vernietig is. Hiermee wou die skrynwerkers demonstreer hoeveel tyd en vaardighede vakmense aanvanklik aan die bou van die Notre Dame bestee het.

 

Deur Kirian Ridley, Getty

Skrynwerkers Sonder Grense, wat in Frankryk gebaseer is, kies elke jaar ‘n projek wat afwisselend in Frankryk en internasionaal aangepak en voltooi word. So het hierdie skrynwerkers al ‘n opslaan-houtbrug gebou vir ‘n kasteel in Normandië wat uit die 11de eeu dateer. Hulle het ook reeds ‘n regshulpsentrum uit hout vir vlugtelinge gebou.

Deur Alain Jockard, Getty

 

Leave a Reply