Sir David Adjaye wen gesogte RIBA 2021 goue medalje

8 November 2020

Die Koninklike Instituut vir Britse Argitektuur (RIBA) het hul 2021 goue medalje toegeken aan sir David Adjaye vir sy besonderse invloed op eietydse argitektuur.

Foto deur Alex Fradkin

 

Adjaye Associates is in 2000 gestig en het kantore in Akkra, Londen en New York. Adjaye Associates se bekende projekte sluit die Smithsonian Nasionale Museum van Afrika en Amerikaanse Kuns en Kultuur, asook die Sugar Hill Gemengde Gebruik Ontwikkeling (behuising, museum, gemeenskapsfasiliteite en kantore) in New York in. Sir Adjaye het ook klas gegee by universiteite soos Harvard, Michigan, Pennsilvanië en Princeton.

Smithsonian National Museum of African American Arts and Culture. Adjaye Associates. Image Nic Lehoux

Ruby City Contemporary Art Center. Adjaye Associates. Dror Baldinger

RIBA se president sê Adjaye se werk is tegelyk plaaslik en spesifiek, asook globaal en inklusief. Volgens haar skep Adjaye op ‘n besondere wyse interaktiewe omgewings deur geskiedenis kuns en wetenskap te kombineer en sodoende kontrasterende temas te balanseer. Sy sê ook Adjaye se sosiale bewussyn lei tot projekte wat die potensiaal van argitektuur toon om eienskappe soos empatie, identiteit en trots aan te moedig en sodoende sosiale welsyn te bevorder.

Leave a Reply