Serpentine Somerhuis 2020 uitgestel

19 Augustus 2020

Die Suid-Afrikaanse argitekte se Serpentine Somerhuis 2020 is uitgestel tot volgende jaar. Die Serpentine Gallery in Londen sê die pandemie het die sosiale konteks verander waarbinne mense die pawiljoen sal benut.

Volgens die argitek, David Adjaye, wil die gallery inskakel by die internasionale tendens waardeur die samelewing stadig hervorm word in reaksie tot die virus en gevolglik wil die gallery eers die konsep verfyn of verander deur ‘n verhouding met die argitekte van Counterspace te ontwikkel.

Dezeen.com

In Maart vanjaar het ons berig oor die drie vroue-argitekte van Johannesburg wat besondere erkenning ontvang het toe hul firma, Counterspace, deur die Serpentine Gallery in Londen uitgenooi is vir die ontwerp van 2020 se tydelike pawiljoen of somerhuis.

Counterspace is die eerste Suid-Afrikaanse firma wat hierdie eer ontvang. Die boumateriaal van die somerhuis sou uit kurk en herwinde bou-afvalmateriaal bestaan om volhoubaarheid te illustreer. Die gevarieerde tekstuur van die pawiljoen verwys na dele van London waar baie migrante woon.

Counterspace sê hulle wil die addisionele tyd gebruik om die fokus wat die pandemie op gemeenskappe en samesyn plaas in hul ontwerp te beklemtoon.

Leave a Reply