Pritzker-prys vir 2014 na Shigeru Ban

25 Maart 2014
Katedraal Christchurch

Katedraal Christchurch

Die Japanese argitek Shigeru Ban is vanjaar die wenner van die Pritzker-prys, argitektuur se Nobelprys. Ban is bekend vir museums en ander argitektoniese bakens regoor die wêreld, maar kry die prys ook vir sy ontwerpe vir tydelike skuilings na rampe in Rwanda, Turkye, Indië, China, Haiti en Japan.

Ban se tydelike skuilings gebruik materiaal uit die omgewing, soos bierkratte vir fondasies en herwinde papier en karton vir mure en dakke. Huise en ‘n tempel wat hy in 1995 na ‘n aardbewing in Kobe in Japan ontwerp het, staan vandag nog. Hy het ook na die aardbewing in Christchurch, Nieu-Zeeland ‘n katedraal van papier vir die stad ontwerp en laat bou.

Ban se argitektuur sluit aan by dié van Buckminster Fuller, Oscar Niemeyer,  Alvar Aalto en tradisionele Japanese argitektuur.

Kyk na sy webtuiste en die van dié Pritzker-prys.

Leave a Reply