Paul le Roux: ‘n voorste argitek uit die vorige eeu in Stellenbosch

24 November 2014

Paul Regent le Roux is die oudste van ses kinders, gebore op 25 Februarie 1930 in Londen waar sy pa besig was met verdere studie in wiskunde.

In matriek aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, wen hy die Rhodes-beurs om in Engeland te gaan studeer. Le Roux besluit egter om dit nie te aanvaar nie omdat dit sy droom was om argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. Die woorde van Sir Winston Churchill, een van Le Roux se helde, was bepalend: “We shape buildings and then they shape our lives”.

Le Roux het dus van 1949-1953 argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Dit sluit twee jaar se praktiese ervaring by die argitek Wynand Louw in die Paarl in. Nadat hy afstudeer het, begin hy onmiddellik sy eie praktyk op Stellenbosch.

Vir die volgende 46 jaar is dit waar Le Roux hom bevind het, buiten ’n studietoer van agt maande in Europa in 1956 en twee jaar waartydens hy hoof was van die argitektuurskool by die destydse Universiteit van Port Elizabeth (nou Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit), in 1977-78. Hoewel hy in 1989 aftree, woon hy nog op Stellenbosch tot 2000, waarna hy en sy vrou, Wilsie Schumann (sy is oorlede in April 2012) na Kleinmond verhuis. Vier kinders – Winie, Freda, Laal en Malan – is uit die huwelik gebore.

Daar is verskeie mylpale in Le Roux se loopbaan wat vir Stellenbossers van belang sal wees.

Een hiervan is die bou van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Hoewel dit ontwerp is deur sy vriend Jan van Wyk, het Le Roux tydens die bouproses toesig gehou.

Le Roux het ook ’n belangrike rol op Stellenbosch gespeel in die tot standkoming van die plaaslike Estetiese Komitee (vandag die beplannings- en advies komitee), wat hom beywer het daarvoor dat nuwe geboue in harmonie met die dorp se historiese erfenis moet wees. Hy was ook aktief betrokke by die reëlings rondom Stellenbosch se 300-jarige vieringe in 1979.

In 1985 word Gideon Visser ‘n vennoot en word die firma se naam verander na Le Roux Visser Argitekte. Met Le Roux se aftrede in 1989 het die firma ’n spesiale publikasie uitgebring ‘opgedra aan gewaardeerde kliënte & vriende oor 35 jaar’.

Onder meer word die volgende projekte hierin gelys:

  • Hoërskool Hawston
  • NG Kerk Eendekuil, Piketberg 1962

NG Kerk, Eendekuil

  • Concord (studentebehuising), Stellenbosch 1964
Concord, Stellenbosch

Concord, Stellenbosch

  • Helderzicht, Stellenbosch 1965
  • Akkerhof, Stellenbosch 1966
  • NG Kerksentrum Welgelegen, Stellenbosch 1972
  • Andmar, Stellenbosch 1972

Andmar Gebou, Stellenbosch

  • Brandvlei Ko-operatiewe Wynkelder, Worcester 1974
  • Saambou, Stellenbosch, 1975
  • Huis Malherbe, Stellenbosch 1976

Huis Malherbe, Stellenbosch

  • Ko-operatiewe Wynkelder, Jacobsdal 1976
  • Biblioteek Teologiese Kweekskool, Universiteit Stellenbosch, 1976
  • Vaalharts Ko-operatiewe Wynkelder, Hartswater 1977
  • Sam Newman, Stellenbosch, 1982
  • Winterreën Hoofgebou (in medewerking met GC Osler Argitek), Elsenburg, Stellenbosch 1983
Winterreen_Elsenburg_Hoofgebou_Paul_le_Roux

Winterreën, Elsenburg, Stellenbosch

  • Strandhuis Le Roux, Kleinmond 1983
  • Sonvallei (dorpshuis-ontwikkeling), Durbanville 1984
  • NG Kerk Kenridge, Durbanville 1985
  • Mostertsdrift Aftree-oord, Stellenbosch 1986
  • Huis MacDonald, Universiteit Stellenbosch 1986
  • Lieberheim, Paradyskloof, Stellenbosch 1987
  • Huis Wiese, Brandwacht, Stellenbosch 1987

Huis Wielse, Brandwacht, Stellenbosch

  • Die Buro vir Stelselingenieurswese (BSI),  Tegnopark, Stellenbosch 1988
BSI_Technopark_Paul_le_Roux_4

BSI Technopark

BSI_Technopark_Paul_le_Roux_3

BSI Technopark

Leave a Reply