Ontgin die Braak

25 Julie 2019

Die burgemeester van Stellenbosch, Adv. Gesie van Deventer, het in ‘n onlangse nuusbrief n openbare gesprek oor die Braak as erfenisgebied begin met ‘n versoek om “die breë gemeenskap se insette en voorstelle te kry oor hoe die Braak optimaal aangewend kan word”. Volgens hierdie uitnodiging het die Braak die potensiaal om “‘n lewendige en opwindende spasie te wees vir inwoners, handelaars en toeriste”. Adv. Van Deventer wil graag voorstelle uit verskeie oorde oorweeg sodat die Braak uiteindelik ten volle benut kan word en ʼn positiewe transformerende effek op die res van die dorp kan hê.

Die Erfenisstigting het drie jaar gelede ‘n voorstel by die munisipaliteit ingedien waarvolgens die Rhenish-kompleks en die Braak se intrinsieke waarde binne die breë Stellenbosch area ontwikkel kan word.  Die agtergrond, op deeglike navorsing gebaseer, kan hier geraadpleeg word deur enigeen wat nou ‘n voorstel wil indien.

3 thoughts on “Ontgin die Braak”

  1. David Pieter van Velden says:

    Baie dankie vir die breedvoerige uiteensetting van die be-oogde ontwikkeling in sentraal Stellenbosch.

    Dit is net jammer dat die dokument alles net in Engels beskikbaar is, in ‘n dorp wat die bakermat van Afrikaans is. Volg Stellenosch Erfenis nou die voorbeeld van die US deur stelselmatig te verengels?

    Dit is jammer dat kulturele erfenis so blatant ignoreer word!

  2. Tim Ziehl Architects says:

    We would like to take part in the upliftment-proposal as in the referred document.
    Personally I think a team of local architects & town planners should be appointed to look into a feasable, working, active proposal, that can involve a LOT more than what is theoretically spoken about!
    Please also note that there are a lot of very intelligent people that can contribute to the upliftment of this area that are not necessarily considered the “big names” in Stellenbosch. We also have enough capable people in Stellenbosch, not to even have to consider “outside” services (talking proffessionals).
    Please make this an open invite to all that can contribute, to volunteer their epertise!
    I for instance imagine joint solutions for current economic problems in Stellenbosch that can be resolved. Yes, it will cost money, but that should never be seen as the hurdle to that prevents proper design & problem solving.
    I’d like to be seriously involved!
    Kind regards,

    Tim Ziehl (Architect)

  3. S.S. de Swardt says:

    Stellenbosch het ‘n nypende tekort aan parkeerplek. ‘n Ondergrondse parkeergarage onder Die Braak sal die toeganklikheid van die dorp ernstig verbeter en hoef geen verskil aan die karakter van die Braak of die dorp te maak nie. n Plek soos Oxford, Engeland, het iets soortgelyks met groot sukses gedoen. Elders ter wereld is nog voorbeelde. Bo-op die grond kan netjiese “vlooimark”-geriewe aangebring word, dalk selfs in ‘n semi-Kaapse-Hollandse styl. Selfs versonke eetplekke, al la Bosjes, kan oorweeg word.

Leave a Reply to David Pieter van Velden