Nuwe boeke om in die herfs te lees

11 Maart 2019

Drie nuwe boeke, inspirerende leesstof vir die langer herfsaande, het onlangs verskyn:

  1. Constance: One Road to Take – The Life and Photography of Constance Stuart Larrabee (1914-2000) deur Peter Elliot, onafhanklik gepubliseer
  2. Walter Gropius: Visionary Founder of the Bauhaus deur Fiona MacCarthy en gepubliseer deur Faber
  3. Building and Dwelling: Ethics for the City by Richard Sennett en gepubliseer deur Allen Lane

Constance: One Road to Take – The Life and Photography of Constance Stuart Larrabee (1914-2000) deur Peter Elliot, onafhanklik gepubliseer

Hierdie boek wat aan die einde van 2018 gepubliseer is, is die mees omvattende biografie oor Constance Stuart Larrabee en kan binne die fotografie genre ‘n versamelstuk word. Constance, gebore in Engeland, het as kind in Suid-Afrika grootgeword nadat haar ouers hierheen geïmmigreer het. Na skool het sy fotografie in Engeland gaan studeer en in 1936 vir ‘n paar jaar na Suid-Afrika teruggekeer. Sy het later in haar lewe, as getroude vrou, weer Suid-Afrika besoek. Die fotografie wat sy in Suid-Afrika gedoen het, fokus hoofsaaklik op die alledaagse lewe van swart vrouens en kinders in landelike gebiede. Later het sy ook bekendheid verwerk vir haar fotografie in die oorlogverskeurde Frankryk en Italië, asook in dele van Amerika. Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief word sy as die voorganger van Goldblatt beskou, asook as eweknie en tydgenoot van die Amerikaanse fotografie Margaret Bourke White. Hierdie noukeurige nagevorsde boek sluit ook meer as 80 foto’s in wat die  gesofistikeerde vaardighede en besondere visie van die fotograaf weergee.

Old photo of Constance Stuart Larrabee

 

Walter Gropius: Visionary Founder of the Bauhaus deur Fiona MacCarthy en gepubliseer deur  Faber

Aangesien  die eeufeesviering van die Bauhaus-beweging in 2019 plaasvind, verskyn daar heelwat nuwe boeke oor hierdie beweging in boekwinkels. Met haar breedvoerige biografie oor die vader van Bauhaus, Walter Gropius, het skrywer Fiona MacCarthy dit reggekry om sy buitengewone bydrae tot argitektuur, kuns en ontwerp te balanseer met fassinerende inligting oor sy persoonlike lewe.

Walter Gropius in front of a house designed by him

 

Building and Dwelling: Ethics for the City deur Richard Sennett en gepubliseer deur Allen Lane

Met hierdie boek verken die skrywer die dinamiese eienskappe van die verhouding met aan die een kant die ville of fisiese eienskappe van die stadsomgewing met, aan die ander kant, die cité of lewenservaring van die inwoners. Deur dit te doen spekuleer Sennet of dit moontlik is om die positiewe lewenservaring van stadsbewoners te bewerkstellig deur die beplanning en konstruksie van die fisiese stadsomgewing. Die skrywer dui verder ook aan hoe belangrik dit is om kompleksiteit binne stadsverband te kan bestuur.

 

 

 

Leave a Reply