Voordele onderliggend aan die opknapping van openbare ruimtes – soos die Braak

2 Desember 2019

Die Braak

Stellenbosch is meesal nog ‘n dorp en nie ‘n stad nie. Maar dit is vir Stellenbosch tog sinvol om aandag te gee aan die rykdom van nuwe navorsing oor die verbetering van stedelike openbare ruimtes. (Daar in alle geval nie ‘n algemene ooreenkoms oor die definisie van die konsep stad nie. In sy boeiende boek, The Language of Cities, verduidelik Sudjic Deyan ‘n nedersetting met omtrent enige aantal inwoners word dikwels as ‘n stad beskryf.) Die beginsels onderliggend aan die nuwe navorsing is van toepassing vir enige dorp of stad. ‘n Voorbeeld is die Verenigde Nasies (VN) se nuwe agende vir stedelike gebiede (New Urban Agenda) wat op Internasionale Stede-dag op 31 Oktober gefokus het op die voordeel van goeie beplanning en ontwerp vir die alledaagse lewe van almal. Voordele sluit byvoorbeeld in die vermindering van ongelykhede; volhoubare ekonomiese ontwikkeling; die bevordering van algemene gesondheid; en omgewingsbewaring.

‘n Onlangse studie wys dat beleggings in projekte om openbare ruimtes lei tot ekonomies groei en meer werksgeleenthede. Op die lange duur kan dit ook sosiale ongelykhede verminder en ‘n inklusiewe atmosfeer bevorder

WeWork kantore in Philadelphia, Pennsylvania, U.S. September 30, 2019. REUTERS/Mark Makela – RC133CF45620

Nog ‘n artikel sit beginsels uiteen wat onderliggend is aan die ontwerp van dinamiese openbare ruimtes, soos parke en pleine. ’n Fokus om ‘n inklusiewe gemeenskap te skep is ’n sinvolle riglyn vir die ontwerp van fisieke kenmerk en plasing van voorwerpe, aldus die artikel.

Publieke toilette in Zuzhai Village

 

Ireading Kulturele spasie – ArchDaily

In Stellenbosch het die burgemeester die publiek onlangs uitgenooi om voorstelle vir die opgradering van die Braak in te dien.

Leave a Reply