Venesië in groot moeilikheid

13 September 2016

 

Waar toerisme die wêreld oor as werkskepper en ekonomiese bemagtiger bejeën word, is die eeue-oue stad Venesië besig om onder die slegste kant hiervan deur te loop.
Die stad het in 15 jaar 16 nuwe hotelle langs die Grande Canale bygekry – ten koste van staatsinstellings, regs- en mediese praktyke, banke, winkels en selfs die Duitse konsulaat – terwyl die aantal plaaslike inwoners in sowat 60 jaar met meer as twee derdes afgeneem het (van 174 808 in 1951 tot slegs 56 311 in 2014 – die laaste jaar waarvoor syfers beskikbaar is).

In kort, berig die New York Times, Venesië loop leeg van inwoners wyl vakansiegangers jaarliks net meer word. Die skrywer van die artikel is Salvatore Settis, voorsitter van die Louvre Museum in Parys se wetenskaplike raadgewers en die skrywer van ‘n nuwe boek, If Venice Dies. Hy beskryf hierdie ‘inval’ van toeriste as ‘n dodelike plaag, ‘n “hebsugtige toeriste-monokultuur wat die historiese stad vernietig en die Koningin van die Adriatiese See in ‘n Disney-agtige winkelsentrum verander”.

Salvatore wys op die verwoesting wat die toeloop in toeriste getalle tot gevolg het: hoe meer toeriste, hoe meer hotelle, hoe minder blyplek vir die plaaslike inwoners. Boonop word ander werkgeleenthede ook uit die stad gedryf, en het dié wat aanbly het geen keuse nie as “om te werk in hotelle, restaurante en winkels wat glasaandenkings en karnavalmaskers verkoop”.

Die Verenigde Nasies (VN) se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (UNESCO) dreig nou om Venesië op die lys te plaas van Wêrelderfenisgebiede in gevaar. Dis nou tensy aansienlike vordering gemaak word in die stryd teen die degradering van die stad en sy ekosisteme teen volgende Februarie.

UNESCO het reeds in Julie sy bekommernis uitgespreek oor die “kombinasie van voortdurende verandering en voorgestelde projekte wat dreig om onherroeplike veranderinge aan die verhouding tussen die Stad en sy Lagune te maak”.

Voorgestelde navigasie kanale diep onder water en ‘n moltreinstelsel stem UNESCO net meer ongerus en sal “erosie aanhelp en die brose ekologie-stad sisteem onder meer druk plaas”.

En al het UNESCO voorheen ‘n stad se Wêrelderfenis-status  herroep – Dresden – is Settis glad nie oortuig dat die Italiaanse regering alles in die stryd gaan werp om Venesië vir die toekoms te bewaar nie.

Ter stawing noem hy hoe wetgewing wat gemaak is nadat die Costa Concordia in Januarie 2012 aan die Toskaanse kus op die rotse geloop het. Die besluit was dat mega-skepe nie nader as twee myl aan die kus mag kom nie. “Maar die Italiaanse regering het, te voorspelle, nie daarin geslaag nie om op te staan teen die groot geld wat deur toerisme maatskappye beloof word: ‘n Skuiwergat in daardie wetgewing is speisaal vir Venesië geskep”. Dan waarsku Settis teen die byna ondenkbare: ‘n passasierskip wat by die Piazza San Marco strand sal eeue se onvervangbare geskiedenis tot niet maak.

Venice has been profoundly altered by the millions of tourists who pour into the city each year, leading the United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization to issue a warning that the city would be placed on the “List of World Heritage in Danger.” Fifty-five sites around the world are listed as endangered by Unesco, for reasons as varied as terrorism, tourism or want of repairs. CreditGetty Images

Venice has been profoundly altered by the millions of tourists who pour into the city each year, leading the United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization to issue a warning that the city would be placed on the “List of World Heritage in Danger.”
Fifty-five sites around the world are listed as endangered by Unesco, for reasons as varied as terrorism, tourism or want of repairs.
CreditGetty Images

Byna net so ondenkbaar is om jou in te dink hoe dit lyk as die M.S.C. Divinia, wat 222 voet hoog is, langs die Dogepaleis vasmeer – die skip twee keer so hoog as dié 1 500 jaar-oue gebou.

Settis gaan dan voort en verwys na die voormalige burgemeester, Giorgio Orsoni, wat in ‘n multimiljard-dollar skandaal oor ‘n voorgestelde lagune-rif gedwing is om te bedank. ‘n Jaar later neem Luigi Brugnaro burgemeesterskap oor. Dit terwyl hy ‘n voorstander is van die verdere ontwikkel van Venesië se toerismebedryf. Hy verwelkom nie net die reusagtige skepe nie, maar het selfs al voorgestel om miljoene dollar se kuns uit die stadsmusuems te verkoop ten einde Venesië se groeiende skuldlas te verminder.

Al is die ondergang van Venesië nie tot Italië se voordeel nie, bly die owerhede net toekyk. En hoewel die plaaslike owerhede – stad en streek – met Rome koppestamp, wys Settis daarop dat hierdie selfde owerhede niks gedoen het om Venesië se ekonomie te diversifiseer nie. Om dus nou veranderinge aan te bring, gaan die paar oorblywende Venesiërs ook op straat laat eindig. Settis sê nuwe beleide is nodig om jongmense te kry om in die historiese stad te woon, vervaardiging aan te help en kreatiewe werksgeleenthede te skep. En die leegstaande geboue moet herbenut word.

Al is die bewaring van die omgewing en kulturele erfenis sentraal tot die Italiaanse grondwet, is geen effektiewe besluite nog namens Venesië deur die Ministerie van Kulturele Erfenis gemaak nie. Boonop sien hulle nie die bos nie, vanweë die bome: “Die owerhede het nog geen projek hoegenaamd ontwikkel wat nie net gemik is op die bewaar van Venesië se monumente nie, maar wat die burgers ‘n sinvolle toekoms beloof.”

 

Leave a Reply