Werk deur een van die mees invloedryke argitekte van die modernisme, Le Corbusier, is onlangs by die lys van Wêrelderfenis gebiede gevoeg. Dié lys word bestuur deur UNESCO, die VN se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur.
Sewentien van le Corbusier se projekte in sewe lande het die erkenning ontvang. Volgens UNESCO reflekteer die gekose projekte “die oplossings wat die Modernisme gepoog het om te bied vir die uitdagings om nuwe argitektoniese tegnieke in reaksie op die behoeftes van die samelewing te ontwikkel”. Die werk het ook bygedra tot die internasionalisering van argitektuurpraktyk.
Die Le Corbusier Stigting sê in ‘n verklaring dié erkenning is ‘n aanmoediging om voort te gaan met die bewaring van Le Corbusier se werk vir toekomstige geslagte.
Vir foto’s van al sewentien werke, gaan na ArchDaily.
Anders, klik op die individuele projek vir meer gedetaileerde inligting:
- Unité d’habitation, Marseille, France
- Maison Guiette, Antwerp, Belgium
- Capitol Complex, Chandigarh, India
- The National Museum of Western Art, Tokyo, Japan
- Weissenhof-Siedlung Estate, Stuttgart, Germany
- Maison Curutchet, La Plata, Argentina
Dominikaanse Klooster van La Tourette near Lyon, France
- Villa Savoyenear Paris, France
- Notre-Dame du Haut, Ronchamp, France
- Maison La Roche, Paris, France
- Villa Le Lac, Corseaux, Switzerland
- Cité Frugès, Pessac, France
- Immeuble Clarté, Geneva, Switzerland
- Immeuble Molitor, Paris, France
- Usine Claude et Duval Factory, Saint-Dié, France
- Cabanon de Le Corbusier, Roquebrune-Cap-Martin, France
- Maison de la Culture, Firminy, France