Twee Meksikane loop weg met die Women in Architecture-toekenning

4 April 2017

Die Architectural Review se Women in Architecture 2017-prys vir Argitek van die Jaar is gegee aan Gabriela Carrillo van Taller Mauricio Rocha + Gabriela Carrillo, aldus ArchDaily.

Mexikaanse Argitekte: Gabriela Carrillo en Rozana Montiel

Nog ‘n Meksikaan, Rozana Montiel, het die Moira Gemmill-prys vir Ontluikende Argitektuur gewen. Montiel is van die firma Rozana Montiel Estudio de Arquitectura.

Beide vroue is geloof vir hul werk wat “volhoubaar en demokraties binne plaaslike gemeenskappe” is.

Volgens die beoordelaars beskik Carillo oor die wonderlike kwaliteit waarvoor baie Meksikaanse argitekte bekend is: om met die spel tussen lig en skadu te werk. Haar sensitiwiteit om binne ander lae van argitektuur te werk sonder om die bestaande te vernietig, is ook belig.

Gabriela Carrillo,Taller de Arquitectura Mauricio Rocha + Gabriela Carrillo, Juzgados en Pátzcuaro, México. Foto © Onnis Luque

Dis veral haar ontwerp vir die kriminele howe vir mondelinge verhore in Pátzcuaro, Michoacán in Meksiko, wat die beoordelaars beindruk het. Die gebou is van klip en beskik oor skuins, geteëlde dakke in reaksie op die hoë reënval. Die beoordelaars het gevind die gebou “beantwoord die vereistes om buigsame ruimtes te skep terwyl dit ook die streng veiligheidsmaatreëls en nodigheid om die regsproses meer deursigtig te maak,” aangespreek het.

Op haar beurt, is dit die “eenvoudige argitektoniese ruimtes” in Montiel se ontwerpe wat uitgelig is. Baie is gesê oor die wyse waarop sy met die gemeenskappe werk wat uiteindelik haar argitektuur gaan gebruik. In reaksie sê Montiel argitektuur is polities. “Ons kan in die elke-dag-se-ruimtes die politieke prioriteite van ons samelewing lees. Argitektuur beskik oor die mag om siviele gedrag te vorm omdat, meer as met die lê van bakstene, lê dit die beginsels waarop openbare en sosiale omgang plaasvind.”

Die Suid-Afrikaans gebore Denise Scott Brown het die Jane Drew-prys gekry in erkenning van vroue wat die profiel van hul geslag binne argitektuur gelig het.

Denise Scott Brown

Leave a Reply