Tien beste argitektuurpublikasies van 2016 gekies

1 Desember 2016

Tydens die jaarlikse Frankfurtse boekeskou is die lys van die jaar se tien beste argitektuurboeke vir 2016 deur die Duitse Argitektuurmuseum bekend gemaak.

Twee-honderd-en-veertien boeke van 88 uitgewers het deelgeneem en is beoordeel volgens kriteria soos ontwerpinhoud, kwaliteit van materiaal en afwerking, innovering en aktualiteit.

Hier is ‘n lys van die tien boeke, die skrywer(s) asook ’n kort beskrywing van elke boek.

African Modernism – The Architecture of Independence. Ghana, Senegal, Côte d’Ivoire, Kenya, Zambia Tydens die jaarlikse Frankfurtse boekeskou

Skrywers: Manuel Herz (red.), Ingrid Schröder, Hans Focketyn, Julia Jamrozik
Tagtig strukture in die Modernistiese styl gebou in die 1960s en 1970s in Ghana, Senegal, die Ivoorkus, Kenia en Zambië word bespreek.

Dieter Kienast -Stadt und Landschaft lesbar machen (Dieter Kienast – Readable City and Landscape)

Skrywer: Anette Freytag
‘n Ondersoek na die wyse waarop ontwerp, teorie en aanbieding in Dieter Kienast se werk aanwesig is.

Habitat Marocain Documents – Dynamics Between Formal and Informal Housing

Skrywers: Sascha Roesler (red.), Jean Hentsch, Udo Kultermann, André Studer, Theres Studer
Die ontwerp van drie nedersettings in Morokko aan die einde van die Frans-koloniale era deur twee Switserse argitekte.

Housing Cairo: The Informal Response

Skrywers: Marc Angélil, Charlotte Malterre-Barthes e.a.
Die informele verstedeliking in hierdie reuse stad met meer as 20 miljoen inwoners word gedokumenteer.

Das leichte Haus. Utopie und Realität der Membranarchitektur (The Light House. The Utopia and Reality of Membrane Architecture)

Skrywer: Walter Scheiffele
‘n Boek uit 1926 – Der Raum als Membran – word as wegspringpunt gebruik. Dit vertel die verhaal van liggewig argitektuur.

Manual of Section

Skrywers: Sara Stemen en Jennifer Lippers (eds.), Paul Lewis, Marc Tsurumaki, David J. Lewis
Twee-en-sestig geboue uit die 20ste Eeu word in snit-perspektief aangebied en gee dan ook baie inligting oor die konstruksiewyse.

Nadogradnje – Urban Self-Regulation in Post-Yugoslav Cities

Skrywers: Sven Quadflieg en Gregor Theune (reds.), Martin Düchs, Monika Grubbauer, Hanna Hilbrandt, Vladimir Kulić, Sven Quadflieg, Dubravka Sekulić
Gebaseer op ‘n reeks foto’s ondersoek hierdie boek die verskynsel van stories en aanbouings wat aan bestaande geboue gevoeg word in die state wat eens Joego-Slawië gemaak het.

The Other Architect. Another Way of Building Architecture

Redakteur: Giovanna Borasi
‘n Katalogus van ‘n uitstalling. Dit fokus nie op vorme van argitektuur nie maar oor hoe nuwe ruimtes geskep kan word buite die tradisionele strukture.

This is Frank Lloyd Wright

Skrywers: Liz Faber (red.), Ian Volner
‘n Mengsel van monograaf en vertellings oor ‘n baie interessante argitek.

Völlig losgelöst – Architektur der 1970er- und 1980er-Jahre in der Nordwestschweiz und den grenznahen Regionen (Completely Detached – Architecture of the 1970s and 1980s in Northwest Switzerland and Border Regions)

Skrywers: Christian Flierl, Ulrike Jehle-Schulte Strathaus, Roger Ehret
Geboue uit die 1970s en 1980s in Switserland, met foto’s, sketse en onderhoude.

Leave a Reply