Die mees leefbare stede

16 Maart 2020

Wenen, Peter Adams | Getty Images

Die Economist het Wene, hoofstad van Oostenryk, vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die mees leefbare stad van 2019.  Wene is veral bekend vir ‘n oorvloed van besondere argitektuur, musiek, kuns en gesellige koffiewinkels. Hierdie toekenning vir mees leefbare stad word egter gemaak op grond van ‘n reeks eienskappe, naamblik ‘n stad se stabiliteit (misdaadsyfer), gesondheidsorg, onderwys en opvoeding, infrakstruktuur, kultuur asook omgewing. Wene het met 99,1 % amper volpunte gehad. Stede uit Australië, Kanada en Japan was onder die top tien. Teen verwagting het gewilde stede soos Londen, Parys en New York minder goed gevaar, aangesien hierdie stede se misdaadsyfer hoog is en infrastruktuur nie altyd gebruikersvriendelik is nie. Die stad wat die meeste aandag getrek het, was San Juan in Puerto Rico wat met 20 posisies verbeter het tot by 69 op die lys. Hierdie merkwaardige verbetering op die ranglys is te danke aan die beleggings in infrakstruktuur en gesondheidsorg wat aangebring is na orkane Irma en Maria se skade en verwoesting in 2017.

Wenen

Melbourne,Australia

Leave a Reply