2017 se beste Student Ontwerp-Bou projekte

15 Augustus 2017

 

ArchDaily het studente genooi om in te skryf vir die derde Student Ontwerp-Bou projekte. Die reaksie was baie positief en die redaksionele span het 34 projekte gekies wat, volgens hulle, wyer erkenning verdien.

Projekte van so ver as die VSA, VK, Spanje, Chile, Taiwan en Finland is ingeskryf. Daar was ook twee skemas uit Iran en een van Rusland. Dit sluit in stedelike meublement, paviljoene en meer.

Die enigste projek in Afrika is deur twee studente van die Delft Universiteit van Tegnologie, Nederland. Die studente het hul inspirasie vir hul ontwerp van ’n gemeenskapsentrum geneem uit die skaduwee wat bome in Wes-Kenia bied.

Vir die volledige lys van 34 projekte,  klik hier.

Van Landskap na Daklandskap (Delft Universiteit van Tegnologie) Studente: Ellen Rouwendal en Laura Katharina Strähle

Leave a Reply