Stirling-kortlys vir 2016

17 Augustus 2016

 

Die kortlys is bekend van vanjaar se Stirling-prys, ’n gesogte toekenning vir goeie argitektuur. Op die lys is twee geboue by Oxford Universiteit en een by die City of Glasgow College. Volgens die voorsitter van RIBA (Royal Institute of British Architects) is dit duidelik dat argitektuur se groot beskermhere die afgelope jaar uit die onderwyssektor gekom het.

Die kortlys:

•        Blavatnik Skool vir Regeerkunde, Oxford Universiteit. Argitekte: Herzog & de Meuron. Dit is een van die eerste geboue wat besoekers aan die universiteit teëkom en is ikonies belangrik. Die terrein en die manier waarop besluit is om ruimte binne te hanteer, het grootliks bygedra tot die gebou se vorm, wat soos ‘n reeks opeengestapelde ovaalvorms lees. In die middel hiervan is die gebou se ‘hart’ met sirkulasie met formele en informele ontmoetingsruimtes. Die verskillende verdiepings word ‘n stel terrasse.

aug nuusbrief pic 3

Architects: Herzog & de Meuron Location: Woodstock Rd, Oxford, Oxfordshire OX2 6GG, UKPartners – Jacques Herzog, Pierre de Meuron, Ascan Mergenthaler (Partner in Charge)Area9800.0 sqmProject  Year2015Photographs – Iwan Baan

•        City of Glasgow College, Riverside-kampus. Argitekte: Michael Laird Architects + Reiach and Hall Architects. Die gebou bestaan uit twee blokke, een vir klaskamers en werkswinkels, en die ander ‘n koshuis. Volgens die beoordelaars is dit een van die baie min geboue in Glasgow – ‘n stad bekend vir sy argitektuur – wat erns maak met die Clyde-rivier. Die ontwerp herinner aan ’n toringgebou wat vroeg in die vorige eeu in New York en Chicago verrys het  – sonder die hoogte, maar met die eenvoudige skoon lyne van die toringgeboue. Dit huisves groot simluators en masjienerie – deel van die seevaartstudies wat hier aangebied word – maar verloor nooit die menslike skaal nie.

aug nuusbrief pic 2

•        Newport Street Gallery, Vauxhall, Londen. Argitekte: Caruso St John Architects. Hoewel die insluit van dié gebou nie ‘n verrassing is nie, het die gebou self vriend en vyand verras toe dit bekendgestel is. Die argitekte is bekend in Brittanje vir hul werk in die kunswêreld. Maar in dié geval is hul aansien oorskadu deur dié van hul kliënt – die ‘stout seun’ van Britse kuns, Damien Hirst. ‘n Statige, amper onopvallende baksteengebou met eenvoudige wit uitstalruimtes. Die restaurant is egter tipies Hirst en word deur die Guardian beskryf as ‘tipies Negentigs, asof die resessie nooit gebeur het nie’.

 Tasteful terrace … Damien Hirst’s Newport Street Gallery in Vauxhall shows he’s grown up. Photograph: Prudence Cuming/NPSG

Tasteful terrace … Damien Hirst’s Newport Street Gallery in Vauxhall shows he’s grown up. Photograph: Prudence Cuming/NPSG

•        Outhouse, Gloucestershire. Argitekte: Loyn & Co Architects. Die enigste woonhuis op vanjaar se kortlys. ‘n Langwerpige betonhuis, in die aarde ingebed is, bied dit pragtige uitsigte oor die omgewing. Die kant van die huis wat uit ‘n werkswinkel bestaan, het ‘n grasbegroeide dak.

INSIDEOUTSIDEHOUSEWebImageCHARLESHOSEA10 aug nuusbrief

•        Trafalgar Place, Elephant and Castle, Londen. Argitekte: dRMM Architects. Die buurt waar hierdie behuisingskompleks geleë is, is tydens WO2 beskadig. Die daaropvolgende herstelwerk was die klem meestal op motorverkeer. Die gevolg was ’n baie harde omgewing. Dié ontwikkeling, die eerste in ’n lang projek om die gebied weer nuwe lewe te gee, bestaan onder meer uit 230 woonstelle waarvan sowat ’n kwart uitgesit is vir huishoudings met ’n lae inkomste. Die volgroeide bome op die terrein en die nuwe toeganklikheid vir voetgangers maak dit mensvriendelik.

photo : Thomas Etchells

photo : Thomas Etchells

•        Weston Biblioteek, Oxford Universiteit. Argitekte: WilkinsonEyre. Die enigste gebou op die kortlys wat nie heeltemal nuutgebou is nie. Die New Bodleian-biblioteek is in die 1930s deur die bekende Sir Giles Gilbert Scott ontwerp maar was nie besonder insprirerend nie. Die Independent beskryf dit as ‘soort van klassiek, soort van modernisties, soort van Arts and Crafts, soort van ‘n tronk’. WilkinsonEyre, wat bekend is vir hul ontwerp van die Gateshead Millennium Bridge – 2001 se Stirling-wenner – het die ou gebou herontwerp as ‘n moderne nuwe biblioteek, voortaan bekend as die Weston. Op gepaste wyse is die moderne gebou sensitief teenoor dit was oud is, en daarin lê die geslaagdheid van die projek.

Shelf life: Oxford’s new Weston Library Ben Bisek

Shelf life: Oxford’s new Weston Library Ben Bisek

Leave a Reply