Smartt se plaas

25 September 2017

Stellenbosch Erfenis Stigting kry elke week allerlei navrae oor geboue en landskappe in die dorp en distrik.  Ons gee een voorbeeld van ‘n navraag en ‘n antwoord, in die hoop dat van die nuusbrieflesers dalk medewerkers wil word op ‘n paneel wat speurwerk oor die geskiedenis wil doen en dit met ander uitruil.  Stuur u naam aan info@stellenboschheritage.co.za as u wil meewerk.

Navraag: 

Ek hoop u kan my dalk help met inligting. In die Parlement se erfenis-versamelings is ‘n fotoalbum van ‘n toer wat die “Empire Parliamentary Association” in 1924 deur SA onderneem het.

Een foto het die titel “Sir Thomas Smartt’s farm”. Sien aangeheg. Weet u dalk watter plaas dit was, en of dit nog bestaan? As die naam verander het, wat is dit vandag?

Baie dankie by voorbaat.

Beste groete

Lila Komnick

Terugvoer:

Beste Lila

Ek verwys jou na ander lede van die Stigting wat al navorsing hieroor gedoen het.  Intussen bevestig ek dat SAHRA op hul webtuiste bevestig dat Sir Thomas Smartt ook ‘n plaas naby Volksrust in Idas Vallei gehad het.  Dit kan moontlik nou deel van Rustenberg of Schoongezicht wees.

Daar is elders nie veel wat ek nou beskikbaar het oor die plaas Glenban (of soms gespel Glen Ban) wat aan Sir Thomas Smartt behoort het nie. (Hy is op die plaas oorlede en is ook daar begrawe nadat sy familie ‘n staatsbegrafnis van die hand gewys het).


“Smarrt died on 17 April 1929 on his farm
Glenban outside Stellenbosch. In a public statement Hertzog praised
his conviction, honesty and purpose, concluding that he was one
of South Africa’s most worthy sons. He offered the family a state
funeral, but in terms of Smartt’s wishes he was buried in a small and
intimate ceremony on his farm. On the day of the funeral all flags on
public buildings were flown half mast.”
(Uit Mouton se The Sacred Tie. Die teks oor die vlae: Cape Times, 18 and 19 April 1929.)

1924 Sir Thomas Smartt


Lady Smartt het ‘Lachenalia Tricolor’ plante/bolle gekweek op Glenban wat na Dr. I. B. Pole Evans in Pretoria gestuur is. Illustrasies van hierdie plant wat sy na Pretoria gestuur het, is in die tydskrif “Flowering Plants of South Africa” publiseer.

Groete,

Nelleke Bakkes

Leave a Reply