Erkenning vir Suid-Afrikaanse vroue-argitekte

16 Maart 2020

Drie vroue-argitekte van Johannesburg het besondere erkenning gekry toe hul firma, Counterspace, deur die Serpentine Gallery in Londen uitgenooi is vir die ontwerp van 2020 se tydelike pawiljoen of dekoratiewe somerhuis. Sedert 2000 word hierdie eer jaarliks aan ‘n uitstaande internasionale argiteksfirma gegee en die somerhuis word dan vir die drie somermaande opgerig naby die Serpentine meer, wat tussen die twee permanente gallerye geleë is. Dit is die eerste keer wat hierdie eer ‘n Suid-Afrikaanse firma te beurt val.

Hierdie erkenning aan Counterspace se drie vroue-direkeure, Sumayya Vally, Sarah de Villiers en Amina Kaskar, is ook besonders aangesien hulle die jongste argitekte is wat nog ooit die uitnodiging ontvang het.

Amina Kaskar, Sumayya Vally en Sarah de Villiers

Leave a Reply