Nuttige antwoorde op erfenisverwante vrae

16 Maart 2020

Die Erfenis Stigting van Suid-Afrika (HASA) het onlangs hul webblad opgedateer. Hiervolgens is HASA se doelwit om die stem te wees van landwye organisasies wat Suid-Afrika se erfenis wil bewaar.  Die Erfenis Stigting van Stellenbosch is ook nou ‘n lid van HASA. Daar is nuttige inligtng vir die algemene publiek op HASA se webblad beskikbaar, soos die antwoorde tot die volgende vrae:

  • Wat is die regte van ‘n gemeenskap?
  • Hoe kan ek navorsing oor my eie gemeenskap doen?
  • Hoe kan ek ‘n area tot erfenis laat verklaar?
  • Hoe doen ek ‘n meningspeiling binne my gemeenskap?
  • Moet ek HASA nader oor bedreigde erfenisgebiede in my area?
  • Voorsien HASA befondsing?
  • Watter ondersteuning bied HASA?

Leave a Reply