Nieu-Seeland spog met Wêreld Landskapprys

1 Desember 2016

Die Kopupaka-reservaat in Auckland, Nieu-Seeland is onlangs aangewys as wenner van die Wêreld Landskapprys vir 2016.

Die reservaat van 22 hektaar bestaan uit vyf stormwater vleilande. Houtstrukture is langs drie van dié vleilande gebou, berig Dezeen. Die ontwerp is geïnspireer deur die Maori-mandjieweefwerk wat eie is aan dié gebied en gebruik word om palings te vang. Dit is egter nie net esteties nie, dit help ook om die water te suiwer en plante kan daarin groei – ondermeer dié wat deur die Maori’s vir mandjies gebruik word.

Boonop het die argitekte, Isthmus, ‘n speelruimte en ‘n baan vir skaatsplankryers geskep.

Die aankondiging is by die onlangse Wêreld Argitektuurfees in Berlyn gemaak.

Leave a Reply