‘n Huis van baie rame

18 Augustus 2016

Die Architectural Review se Huis van die Jaar vanjaar is Cosmic House in Osaka, Japan. Dit is volgens die beoordelaars ‘n “uitmuntende voorbeeld van hoe om ’n huis se grense te verskuif”.

Vir ’n huis om ’n groot familie te huisves het UID Architects ‘n reeks wit ‘rame’. Van bo gesien is dit ‘n dorpie onder verskeie dakke. Dit is egter ’n hegte eenheid, meer as losweg saamgevoegte elemente. Die ‘rame’ is ’n manier om die konsep van ’n huis te vertolk. Twee gesinne – drie geslagte – woon hier, in twee huise, elk met eie kombuis en badkamers. Die twee huise kan kan afsonderlik of gesamentlik gebruik word. Dit bied om die beurd privaatheid, of ’n oopheid na buite. Alison Brooks, voorsitter van die beoordelaarspaneel, het gesê die protaal, as enkele argitektoniese element, is hier op verskillende manier geskaal en saamgevoeg.

aug nuusbrief pic 4

Ander finaliste was A House for Essex deur FAT and Grayson Perry, ’n huis wat volgens ’n beoordelaar wat oor 200 jaar steeds opsraak sal verwek; On the Water deur Nikken Sekkei in Osaka, Japan; en Casa Caldera in Arizona, VSA deur DUST Architects.

Lees hier meer oor Cosmic House.

Leave a Reply