Mies Crown Hall Amerikasprys na SANAA se Grace Farms

1 Desember 2016

Die jaarlikse prys vir argitektuur van onderskeidende gehalte gebou in Noord- of Suid-Amerika, die Mies Crown Hall Amerikasprys, is toegeken aan die Grace Farms-projek in New Canaan, Kalifornië.

SANAA’s Grace Farms has been announced as the winner of the 2014/2015 Mies Crown Hall Americas Prize

Grace Farms is ‘n organisasie sonder winsbejag wat hulle beywer om ‘n “platform te skep vir mense om die natuur te beleef, met die kunste te doen te kry, geregtigheid na te streef, gemeenskap te bou en geloof te ondersoek”. Dit beslaan sowat 80 hektaar waarvan net sowat drie hektaar bewerk is.

Die Japanese firma SANAA het die prys gewen vir die River, ‘n gebou wat, soos ‘n rivier, deur ‘n gedeelte van die landskap loop en plek-plek ‘poele’ het, waar sekere aktiwiteite ondersoek word.

Volgens die president van die jurie, was dit die manier waarop die argitektuur die grens tussen gebou en landskap vermeng, wat die knoop deurgehaak het.

Die River is ‘n lang gebou onder een dak en die verskillende ruimtes wat geskep word, word gebruik vir enigiets van argitektuurtoere, gemeenskapsetes, lesings en gesprek, konserte, atletiek en aanbiddingsdienste. Besoekers kan ook in die res van die plaas se 77 hektaar gaan stap en die natuur beleef.

Leave a Reply