Kortlys bekend vir 2017 EU-Mies-prys

21 Februarie 2017

 

Die kortlys van 40 projekte vir die 2017 Europese Unie  se prys vir eietydse argitektuur – dieMies van der Rohe-toekenning (in kort die Mies-toekenning) is pas bekend gemaak, berig ArchDaily.

Die projekte verteenwoordig 17 van die EU se 28 lidlande en belig die realiteit in Europa vandag: stede, behuising, erfenis en herinnering.

Aldus die Mies-stigting vestig die toekenning aandag op die groot bydrae wat Europese argitekte maak tot die ontwikkeling van nuwe idees en tegnologieë. Dit belig ook die kulturele rol van argitektuur wanneer dit by ontwerp van stede kom. Verder bevorder dit samewerking oor landsgrense en steun dit jong argitekte wat aan die begin van hul loopbaan staan met die prys vir Ontluikende Argitek. Die wenner hiervan word in Mei aangekondig. Die hoofprys word later aangekondig – eers nadat die beoordelaars vyf finaliste uit die kortlys kies en elkeen van hierdie projekte besoek het.

Die Gebou op die Water / Álvaro Siza + Carlos Castanheira. Foto © Fernando Guerra | FG + SG

 

Banco Borges Architecture

Twee vorige wenners is weer op die kortlys – Álvaro Siza het die eerste Mies-toekenning in 1988 gewen vir die Banco Borges e Irmão in Vila do Conde, Portugal. Vanjaar is die Nadir Afonso Museum vir Kontemporêre Kuns in Chaves, Portugal, benoem. Die Spaanse firma Mansilla + Tuñón Arquitectos het in 2007 gewen met nog ’n kontemporêre kunsmuseum, dié van Castilla en León. Hulle is op hierdie jaar se kortlys met die Museum van Koninklike Versamelings in Madrid.

Leave a Reply