Ierse vroue-argitekte ontvang gesogte Pritzker Prys

16 Maart 2020

Die mees gesogte toekenning vir argitektuur, die Pritzker Prys, word vanjaar toegeken aan twee Ierse vrouens, Yvonne Farrell en Shelly McNamara van Grafton Architects in Dublin.  Grafton Architects is in 1978 gestig en vir geruime tyd reeds is McNamara en Farrell die enigste twee lede van die firma. Beide vroue gee ook klas by verskeie universiteite wat Yale en Harvard insluit.

Volgens die jurie beantwoord hierdie twee vroue se portfolio aan die primêre vereiste van die Pritzker Prys, naamlik om op deurlopende en jarelange wyse deur middel van argitektuur die gemeenskap en omgewing te dien. Dit word gedoen deur ontwerpe wat met diepgaande begrip die aard van’n spesifieke omgewing; die doel van die geboue voorop te stel; en veral die spesifieke mense te erken wat die geboue gebruik. Hul portfolio sluit verskeie opvoedkundige geboue, behuising, kulturele en gemeenskapssentra in. Hierdie geboue, van die grootste struktuur tot die kleinste detail, is ook deurgaans ‘n vars en moderne reaksie op die siel van die omgewing.

Solstice Kunssentrum. Foto © Ros Kavanagh

Universiteit van Limerick Mediese Skool. Foto © Dennis Gilbert

Leave a Reply