Interieurpryse aangekondig

1 Desember 2016

Nie net is pryse vir argitektuur tydens die Wêreldargitektuurfees aangekondig nie, maar ook die interieur van die jaar is bekroon.

Die Heike-konsepwinkel in Hangzhou, China, deur Shanwei Weng & Jiadie Yuan/Hangzhou AN Interior Design is die wenner vir 2016.

Heike is ‘n mode entiteit. Die monochroom boetiek se twee verdiepings word met ‘n trap – binne in ‘n swart boks – aan mekaar verbind. Die ontwerpers noem die projek die Black Cant System.

Klere word op geometriese relings uitgestal terwyl kandelabers van aluminium, spesiaal ontwerpte meubels en groot spieëls van die ander elemente is.

Leave a Reply